Vyf riglyne om jou kind te help om geestelike te groei
Help jou kind geestelik groei
Vyf riglyne deur Radikids se Soekie Krog.
- As ouer moet jy self 'n persoonlike verhouding met Jesus hê en dit uitleef. Wees 'n voorbeeld vir jou kind in alles: in jou doen, dink, praat. Jy's die enigste Jesus wat jou kind kan sien.
- Pa, jy speel 'n geweldig belangrike rol in die bou van jou kind se identiteit. Nes Ma moet jy daar weesw om te ondersteun. Stel belang, maak tyd, praat, bel, wys jy veralng en gee drukkies, al voel dit aanvanklik vreemd.
- Deuteronomium 6:11 het goeie raad: Ons moet ons kinders die Woord leer as ons sit, staan lê, ry - waar ons ook al saam is. Christenskap is nie net vir Sondae nie! Luister byvoorbeeld saam in die kar na praatjies of geestelike musiek.
- Moenie net vir jou dind bid nie, bid sáám met hom. Vertel hom van God se goedheid in elke dag se klein dingetjie.
- Leer om jou kind met jou woorde te seën. Onthou, jou tong hou die mag van lewe en dood. Kyk jou kind elke dag in die oë en spreek hardop woorde van hoop en lewe oor hom. Jy sal sien hoe daardie besiggie verhelder en sy gees groei.
My 5 grootste drome vir die kinders van ons land:
- Dat hulle sal verstaan hoe die ‘Koninkryk van Lig en Duisternis’ as ware lewensverhaal afspeel, en kies vir lig, lewe en liefde.
- Dat elke kind, ten spyte van teleurstellings of foute van ouers, heel sal word en God sal dien met hulle hele hart, hele siel en al hulle krag (Deut 6:5)
- Dat Kinders sal sien dat die grootste strategie van die Vyand bedrog is. Hy verlei die hele wêreld om sy leuens te glo. Mag kinders se geestelike oë geopen word.
- My wêreldbeskouing is die bril waarmee ek na die wêreld kyk. Ek droom oor kinders wat die Woord van God as enigste bril sal dra en daarvolgens alles sal beoordeel.
- Mag ons land se kinders Vader-God intiem ken en Sy hart hoor klop. Dan sal hulle weet wie hulle is en die wêreld om hulle onherkenbaar beïnvloed.
Meer inligting by www.soekiekrog.com of www.turn2god.co.za. Bel ook 082 905 8879







Kommentaar - 1 opmerking sover
Janna
Ek het een keer die mooi verduideliking gehoor; Jy moet jou kinders met dissipline leer hoe om beter mense te wees En dissipline word afgelei van DISSIPEL: wat beteken " Iemand wat voorloop en 'n goeie voorbeeld stel: "Mag ons as ouers dit baie goed probeer wees vir ons kinders en die kinders sal ons dissipelskap volg en vertrou.