God se beloftes vir enkelma's

deur Elize Parker Deel met ander Kommentaar
 
0/5.0
God se beloftes vir enkelma's

As God sê dat Hy as Eggenoot vir jou wil sorg, kan jy Hom maar op Sy Woord neem.

Egskeiding bring soms vervreemding tussen mense. Ware sielsgenote kan jy mettertyd op twee hande tel. Dit laat 'n mens ontnugter en teleurgesteld. Soms was ek so depressief en moeg, ek kon ook nie uitreik na mense nie. Dit raak 'n bose kringloop.

'n Enkelma het alleentye waar sy mense se goedhartigheid soos 'n pleister op 'n seerplek nodig het. Nie geld, praktiese hulp of raad nie. Opregte belangstelling en omgee.

Vir jou stiltetyd

  • God het 'n sagte plekkie vir jou. Lees Deut 10:18 en Ps 68:5-7.
  • Die Here het dit so beplan dat ander jou sal bystaan in nood. Kyk net die verantwoordelikheid wat Hy plaas op die gemeenskap, gemeentes en families om ma's te help wat kinders alleen moet grootmaak: Eks 22:22-23, Deut 14:28-29, Deut 24:19-21, 1Tim 5 en Jak 1:27.

Elke keer het Sy bergbelofte my moed gegee. Vir elke mense wat uit my lewe verdwyn het, het Hy, soos belowe, iemand nommerpas in my lewe gebring. Toe ek eers dié patroon raakgesien het, het ek die krag van Sy belofte waarlik ervaar.

Bekende vreemdelinge, toegerus met unieke wysheid en vaardighede, het Jesus se hande en voete geword. Ek moes net my oë oophou om te sien hoe ek my nuwe ondersteuningspan moes saamstel.

Hy is in beheer

Toe Hester Bruce (56) se man, Charles, veertien jaar gelede oorlede is, was die belofte van die Here in haar stiltetyd dat Hy in beheer is. Dié Woord het haar anker geword. Hester het toe drie tieners in die huis gehad.

"Deur my trane het ek altyd hoop gesien. Ek het kans gesien vir alles. Ek het vir my kinders gesê ons het niks om voor bang te wees nie."

Met sake van die hart én die beursie het Hester God se Oppermag ervaar. Sy vertel hoe sy een Vrydag R9 000 se lone moes uitbetaal. Sy het nie 'n sent daarvoor in die bank gehad nie. Sy het net die Here se belofte gehad om op te staan. Sy't in die ry by die bank gaan staan, wetende haar rekening is leeg. Terwyl sy staan en wag, het 'n neef van haar uit Duitsland op haar foon gebel. Sy het hom en sy gemeentegroep vroeër gratis huisvesting gegee tydens 'n toer na Suid-Afrika en die groep wou haar vergoed - deur R9 000 in haar rekening in te betaal.

Bid dié beloftes oor jou kind

  • Bid dat jou kind se mede-ouer (en moontlik bykomende nuwe ouer) geseën sal word met krag, liefde en nuwe drome vir die kinders se lewe.
  • Laat die Gees jou lei wanneer jy voel daar's 'n struikelblok wat in die pad staan van God se beloftes vir jou kind se lewe.
  • Gesels dikwels met jou kinders oor hul roeping en God se bloeftes vir hul lewe.
  • Leer jou kinders om beantwoorde gebede te erken en dankie te sê daarvoor.

Lees verder:

My Lewe as Enkelma deur Angela Thomas (Struik Christelike Media) - Bestel in Afrikaans of Engels.

Kommentaar - Geen kommentaar sover

Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na