Die band tussen ma en kind

Deel met ander Kommentaar (1)
 
0/5.0
Die band tussen ma en kind

Die band tussen ma en kind is nou. Bekendes gesels oor ma-wees en húl ma's.

Penny Coelen-Rey:

Ek wou nog altyd ‘n dogter gehad het, maar as ek moet kies, kies ek elke dag my vyf seuns. Ek en Micky is geseën met die vyf wonderlikste seuns. Hulle het ons nog nooit teleurgestel nie.

Morne van Loggerenberg

Morné van Loggerenberg, Kwêla:

My ma Stella is die sterkste en sagste mens wat ek ken. As ek aan haar dink, onthou ek haar sagte blommegeur. Sy weet net hoe om my en Marius altyd te laat besef hoe lief sy ons het. Ons het altyd geweet dat sy ons in absoluut álles ondersteun.”

Jak de Priester

Jak de Priester, sanger:

My ma, Louise, is die beste voorbeeld van onvoorwaardelik liefhê wat ek nog beleef het. Ek het altyd geweet sy sal enigiets vir ons kindrs doen – en dat sy nooit iets terugverwag nie. Nou nog, as ek ‘n groot besluit moet neem, bel ek gou my ma en hoor wat sy dink en sê.

Bobby van Jaarsveld

Bobby van Jaarsveld, sanger:

Sy is 'n sterk vrou met 'n baie sagte hart. Sy is reguit en eerlik en as sy nie van iets hou nie, sê sy so. Sy is baie lief vir Jesus en haar geloof is vir my 'n groot inspirasie. by haar het ek die waarde van liefde en eerlikheid geleer. Daar was tyd dat my ma finansieel regtig swaargekry het. Sy was 'n alleenouer - maar sy he altyd geglimlag en haar bes probeer dat ons nooit uitvind hoe sy soms gesukkel het om kos op die tafel te rky nie. As ek aan haar dink, ruik ek haar Red Door-parfuum.

Shaleen Surtie-Richards

Shaleen Surtie-Richards, aktrise:

Buiten dat sy die sterkste vrou is wat ek ken, is haar geloof in die Here aansteeklik. Sy het so 'n ontsettende wil om te leef. En die oomblik as dit lyk of ek die pad so 'n bietjie byster rak, is sy my konstante herinnering dat ek my oë op die Skepper moet hou. Ek weet my ma bid vir my. Dié wete laat my altyd veilig voel.

Dieter Voigt, Meneer SA

Nadat ek my eerste skoonheidskompetisie op skool gewen het, het my ma gesê: "Dis wonderlik! Hoe lyk die ander ouens? En hoe gaan dit verder met jou?" Kyk, my ma gaan reguit hemel toe!

Cindy Nell Roberts

Cindy Nell Roberts, oud-Mej SA en sakevrou

My ma het my geloof met haar gebede gerig, my geleer om dankbaar te wees. In 'n sekere opsig verteenwoordig sy vir my kerk. Ek wil my kinders eendag grootmaak met 'n Christelike agtergrond sonder om die wêreld van hulle te weerhou.

Kommentaar - 1 opmerking sover

endika

Die naelstring tussen ma en kind word eers finaal geknip wanneer die ma haar aardse tuiste verlaat vir haar hemelse.....
Uitgesit op Do., Feb. 18ste 2010, 15:50
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na