Sabbatsrus vir jou siel

admin
Nov. 17de 2009, 10:01

Hoe hard rus jy nou eintlik op 'n Sondag? Tuis word daar met mening gebraai, gekuier, gras gesny, tuin natgelei, kar gewas, huiswerk gedoen en TV gekyk.

Beeld se kerksake-verslaggewer, Neels Jackson, meen een van rus se grootste vyande is 'n skuldige gewete.

"Baie Afrikaanse mense, ten minste dié van my geslag, het grootgeword met 'n etiek van harde werk. Dis in ons ingedril. Ons voel skuldig as ons nie hard werk nie."

Hy het as kind geleer die Sabbatsgebod gaan oor die dag. "Die dag moes heilig gehou word. Daar was wette om die dag te beskerm. Dis hoe die Fariseërs ook destyds gedink het. Dis waarooorJesus so skerp met hulle gebots het. Dis Hy wat gesê het die mens is nie vir die Sabbat gemaak nie, maar die Sabbat vir die mens. En as dit dan nie oor die dag gaan nie, waaroor gaan dit dan? Oor rus, natuurlik.

Vrydag as die son sak

"Nadag God klaar was met Sy skeppingswerk, het Hy die rusdag ingestel; dis vir almal, nie spesifiek vir Jode nie, meen skrywer Marzanne Leroux-Van der Boon. Haar gesin hou die Sabbat van Vrydagaand tot Saterdagaand, kompleet met kerse en gebede, wat volgens Joodse gebruik die binnekoms van die Bruid voorstel.

"Maar vir ons is dit 'n rusdag waar alle skepende werk ophou, sonder al die wette wat die rabbi's neergelê het. Ons gee die dag aan die Vader uit dankbaarheid vir wat Jesus vir ons gedoen het."

Marzanne hou van Jesaja 56:6-7, wat verwys na God se beloftes aan ander nasies wat hulle by die Here aansluit en die Sabbat eer. "...Ek sal hulle vreugde laat smaak in My huis van gebed."

In Eksodus 20:11, nadag die vierde gebod ingestel is, verduidelik God: "Want in ses dae het die Here die hemel en aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die Sabbatdag geseën en dit geheilig".

Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na