Terugvoer op Lizette Murray se retreat

Leef_admin
Mar. 9de, 11:06

Besondere dank aan Lizette vir haar menswees wat die Here se liefde uitstraal. Mag jy sag lê in die palm van God se hand soos die veertjies wat jy versamel. - Danette

Die ongelooflike deernis, opregtheid en “sagtheid” waarin die naweek aangebied is. Dit was ‘n wonderlike voorreg om deel te wees daarvan. Ek het self nog nie ‘n kind of ouer aan die dood afgestaan nie, maar saam met my sussie gekom wat haar seun ‘n jaar gelede verloor het. Ek glo die naweek was baie helend vir haar. - Correlie

Ek het groot dankbaarheid in my hart teenoor ieder en elk wat deelname gehad het in die aanbieding van hierdie ongelooflike geseënde naweek. Ek het weereens besef hoe ‘n voorreg en eer dit is om ’n hemelse Vader te hê wat jou elke dag omvou met sy arms van liefde en stuur op die regte pad. - Joey

Net ‘n groot dankie vir die geleentheid om my seer met ander met seer te kon deel. ‘n Mens voel so alleen! Ek waardeer julle! - Judy Dit was ‘n seën, ‘n rus by Jesus se voete en ‘n vreugde om genesings te beleef. Ons prys ons Skepper vir sy guns en genade oor ons almal. - Louie

Dit was ‘n fantasiese insig in treur en troos en het my weer laat besef dat ‘n mens nie riglyne moet en kan voorskryf hoe mens moet treur en rou nie – alles is OK – solank daar vordering is en dat dit ‘n lewenslange proses is. - Ida

Fantastiese inhoud, ‘n BAIE spesiale naweek wat my diep geraak het.- Ilse Dit was ‘n belewenis en baie verrykend Dit was gerusstellend om te kon huil en troos en wete dat ons almal op een of ander stadium dieselfde hartseer in ons ronddra. Pragtige mense wat hier was. Dankie Lizette, Christine en Norman! - Magda

Net dat die Here groot is en dat ons net moet glo Hy is ons Vader en Hy trek ons by die hand. Ons moet net nie bang raak en los nie. On sweet waar ons krag vandaan kom. Dankie Heer! - Bella

Die groot meelewing en empatie wat ons onder mekaar ondervind het. Sonder pretensie het ons mekaar gevind, al het ons nie een die pad gekies waarop die Heer ons geplaas het nie. - Helena

Die besef dat my hartseer nie net my raak nie, maar dat ander mense om my ook met seer loop. Die feit dat so baie gepraat het dat die engele die gelowiges begelei na die hemel, troos veral. - Danette

Dankie dat daar ruimte en tyd geskep is om stil te staan by ons hartseer. Die een universele behoefte na verlies is dat die wêreld net moet stop en kennis neem van ons smart. Julle het nie stilgestaan nie, maar saam met ons kom sit en ons trane help afdroog. Dankie vir die koestering, die gebede, die waarheid en die liefde! - Chante

Ek was eers baie vies vir die Here oor die verlies van my sussie en die naweek het my weer teruggebring na die Here toe – waaroor ek baie bly is. Ek het nou baie meer vrede. - Bernice

Dit was wonderlik. Het na sewe jaar vrede met myself gemaak en berusting oor my man se dood gekry. En as ons as vroue hande kan vat met God kan ons die onmoontlike vermag. - Annette

Dat mens hierdie pad, hoe swaar ookal, nie alleen stap nie – daar’s engele op jou pad wat jou help vlieg. PRYS DIE HEER DAARVOOR!! - Isabel

My hart en my lewe was “koud” maar na die naweek is my hart gevul met liefde, omgee en warmte van God. God is ‘n nuwe werklikheid in my lewe – die Een op wie ek ten volle kan vertrou. - Jacky

Mel

Mar. 11de, 10:19
Dit was n wonderlike geleentheid en ek hoop van harte dat daar nog sulke retreats gaan wees. Dankie aan Lizette wat so mooi deur God begely was dat sy ons meer kon vertel van treur en troos. Ons het so tuis gevoel tussen al die treurendes, maar ek het ook n behoefte gekry om te troos. Dit is wonderlik hoe God n mens kan gebruik. Ek het gevind dat baie van die leef gangers wat daar was het n groot behoefte gehaad het om hulle storie te vertel en ek wou na almal se stories luister, maar daar was net nie genoeg tyd nie. Die naweek was beslus te kort, volgende keer moet dit sommer n week wees. Baie dankie aan almal wat ook na ons storie geluister het. Dit is goed om te gesels en jou hart oop te maak, dit is ook goed om simpatie te gee, hoe meer jy gee, hoe minder het jy nodig. Ons dogtertjie het op 18 maande verdrink en tot die naweek het ek gedink ek het die seerste van al die seer, n mens raak weg in jou eie seer, so dit was baie goed vir my om te sien dat ek nie die enigste persoon is wat treur nie, al wil jy nie he iemand anders se hart moet ook so seer wees nie. Ek het geleer en gesien n mens kan nie se jou pyn is erger as iemand anders se pyn nie, nooit nie, dit was baie goed vir my. Ek hou van skryf en wil so graag in kontak wees met die retreat gangers. Ek het n web tuiste vir ons dogtertjie gemaak en gaan gereeld soontoe om te skryf en dit dan vir die lede aan te stuur sodat almal wat ons ken en die pad saam ons stap ook heel sal word saam met my. Die naweek was briljant, die leef span het soveel moeite gedoen en dit was opreg waardeur. Al die klein detail en al die ekstra leifde en troos. Daar was so n warm gevoel, veral die Saterdag aand toe van die dames vir die 1ste keer n kersie aansteek vir hulle geliefdes, daar was so n swaar rou teenwoordig, maar terselfde tyd was God daar teenwoordig, almal het gese hoe warm hulle gekry het na die vreeslike huil, en ek het geweet dit is omdat God elkeen so vreeslik styf vas hou, dit was wonderlik om ander te kon troos en ook om te kom huil so hard jy wou sonder dat mense jou snaaks aan kyk. Lizette is n ongelooflike persoon, ek het gisteraand Henri Stap Aan klaar gelees en het dit baie geniet al was dit ook hartseer om te weet alles wat sy se is werklik en bring dit al die seer weer vars terug, maar dit is ook goed. God is goed en alles van God is ook goed. Christine en Yolande en die res van die span saam met Norman en Johan het dit baie spesiaal gemaak, veral die musiek deur Johan. Dit was asof die Here se teenwoordigheid sterker na vore gekom het terwyl ons stil geraak het met die musiek en gebed in die agtergrond. Dit was wonderlik om die Here te loof en prys saam met mede retreat gangers en ek hoop julle sal dit volgende keer weer so doen. Johan jou talent is n besonderse gawe van God, dankie dat jy dit so gebruik om ook mense heel te maak en ons na Hom te ly. Ons moes meer fotos van mekaar geneem het en die omgewing, dit was so pragtig, miskien moet julle die volgende retreat hier in Kwazulu Natal by ons kom hou, dit is so pragtig hier en ek is bevooreg om elke dat in die Here se natuur te kan stil word en bid vir julle vir rustigheid in die gejaag deur. Hoekom maak julle nie n blok oop sodat almal hulle storie daar kan vertel nie en dan kan ons mede leesers mekaar daar ondersteun, daar is so baie mense wat daagliks ondersteuning nodig het en dit nie kry nie want soos ons almal weet beweeg die hele wereld met n vreeslike spoed terwyl ons stil staan en wonder hoe ons die volgende tree gaan neem. Baie dankie aan almal wat hierdie naweek gereel het en dankie dat julle tyd gemaak het om saam met ons te treur en stil te raak. Julle is almal wonerlike mense en ek weet julle weet maar ek wil net vir julle se dat julle is baie spesiaal want God gebruik elkeen van julle op spesifieke plekke gedurende sulke retreats. Dankie dat ek ook my gedagtes met julle kon deel hier op leef se web blad. Groete en Liefde in Jesus. Melani Ps. Lizette ek het vir Henri leer ken en weet jy, ek hoop om Sarel se 2 seuntjies 8 en 10 jaar oud ook so groot te maak sodat hulle net soos Henri sal wees as hulle groot is, dankie dat jy jou storie met ons gedeel het, want daaruit kan ek nou my ander 2 kinders ook sommer beter waardeur en my drome vir hulle is nou nog grooter as ooit, hulle moet Henri manne wees. Dankie.

Marieks

Jul. 27de, 09:47
Baie dankie Mal, ek dink nie ek sou die woorde beter kon kies nie. Dit was 'n baie spesiale naweek, wat diep in my hart gebêre lê. So deeglik beplan en met sekerheid deur iemand beplan wat weet van seer en seer-saamdra. Leef julle moet asb tog seker maak ons "eerste" Leef Retreat besoekers word weer in kennis gestel van die volgende kamp, want ek is seker daar sal weer een gehou word. Ek is deur iemand uitgevra oor die kamp en ook Lizette se ondersteuning wat hul benodig, en het ek weer hier kom soek vir inligting om aan hulle te stuur. Toe ek al die kommentaar lees, het dit my weer teruggeneem na die naweek en die diepte wat ons daar beleef het, van die Here se goedheid en helende hand. Baie dankie dat almal hulle harte met ons gedeel het, dit was baie spesiaal en het die Leef in my lewe def makliker gemaak. Groete aan almal Marika
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na