My 5-jarige seuntjie se ouma is pas oorlede. Hulle was nie baie na aan mekaar nie, sy het ver gebly, maar hoe moet ek dit begrip aan hom verduidelik? Ek het probeer sê dat sy by Jesus in die hemel is, maar hy het nog baie vrae.
Franzi
Nov. 26de 2009, 12:24
mens moet maar al die vrae versigtig beantwoord, en geduldig, hulle moet leer dat dood deel is van ons lewe, maar dat mens nie daarvoor hoef bang te wees nie, want jy gaan hemel toe.
Leila
Des. 1ste 2009, 14:11
Dit bring soms 'n knop in jou keel al die vrae. Toe my ouma my kind se ouma grootjie oorlede is, het ek sy handjie gevat in die aand, en hom na buite gelei. Ek het gekyk vir die helderste sterretjie, en vir hom gesê dit is waar ouma nou is saam met al die ander mense waarvoor ons lief is wat ons verloor het. Ek het gesê dat hulle gepluk is vir Jesus se hemelruim om solank 'n sterretjie te wees en sy plekkie daar vir hom te gaan hou totdat Jesus weer 'n nuwe sterretjie nodig het,. Dit het hom gerus gestel, want hy kon nog "sien" waar sy is.... Ek het vir hom gesê hy kan enige tyd met haar gaan praat daar buite - Hy moet net opkyk na die Hemel en na sy hartjie luister, want sy sal vir hom 'n antwoord in sy hartjie stuur.... Vandag 3 jaar later - Praat hy nog met sy ouma grootjie onder die hemelruim.....
Chantelle
Des. 2de 2009, 08:05
Jy sal my nie glo nie, maar ek doen dit nou nog!!! Ek het ook vir my dogtertjie gese toe haar oupa (my skoonpa) dood is, om ook na die helderste ster te soek en daar is hy. Ek het dit al lank ook so gedoen, daar is 'n ster vir MY ouma, oupa, peetpa en my tannie, en nou vir my skoonpa, en my ander ouma en oupa, dit help net om te hartseer te hanteer! En as ons visvang, is dit die lekkerste om so op te kyk en die sterre te sien!!! En ek gee die raad vir almal wat ek ken. Sterkte
Sonja
Des. 22de 2009, 13:53
Wat 'n brilljante idee! Ek moet sê ek het nog nooit so daaraan gedink nie. As 'n kindjie iets het wat hy kan "sien" sal dit hom mos baie beter laat voel. Ek wens iemand het dit vir my gesê toe ek 'n kind was.
sgoosen
Feb. 8ste, 09:52
Daar is niks verkeerd om vir 'n kind te se oupa of ouma is in die hemel nie. Wees net so versigtig om 'n vrees vir Liewe Jesus en die hemel te skep. En hou by die waarheid. Verduidelik so: Ouma se lyfie het baie oud geword en het binne seergekry of haar hartjie in haar lyfie wou nie meer so mooi werk nie. Wanneer iemand se lyfie so seerkry of oudword en die dokters kan nie hulle help nie, moet hulle 'n nuwe lyfie kry. Net by Jesus kan jy 'n nuwe lyfie kry, maar die reel is dat as jy eers by Jesus is en Hy jou 'n nuwe lyfie gegee het, dan moet jy daarbo bly. Gebruik ook die geleentheid as jy saam met jou kinders bid om vir Jesus te vra om mooi na Ouma te kyk daarbo. Plant ook 'n onthou boom of blommetjie saam met jou kind en verduidelik aan hom of haar dat elke keer as die blommetjies uitkom, dan onthou ons vir Ouma of Oupa. Dis nie 'n maklike ding nie, maar is tog so deel van ons alledaagse lewe. Bly net by die waarheid.
henisharley
Feb. 23de, 22:01
Mens moet leer om as ouer op die vlak van die kind te kommunikeer en net dit te beantwoord wat hulle wil weet en nie meer nie. Wees in alle opsigte eerlik, kinders is geweldig skerpsinnig en aanvaar die dood baie keer natuurliker as ons volwassenes...
Franzi