Hi Dit is die eerste keer dat ek iets skryf oor my hoop vir 'n baba. Ek en my man probeer al 'n jaar om swanger te word na drie jaar van getroude lewe. Somige sal seker dink: "wat is 'n jaar?" Wel ek dink van vrou tot vrou, die gevoel in jou hart en die emosie bly die selfde of jy nou al 'n jaar probeer en of jy nou al ses jaar probeer. Ek wil net gesels, want sien my famielie probeer verstaan maar hulle kan net tot op 'n punt rerig raad gee, al my vriendinne is swanger, jip almal! So dit help nie baie vir die vrou hier binne in my nie. Dan moet jy ook nog gelukkig wees vir hulle en ook saam praat en deel in die opgewonde tyd in hule lewe als terwyl jy hier binne vir God vra: "Hoekom kan dit nie ek wees nie, wat doen ek verkeerd?" Ons het al die toetse gedoen, behalwe die operasie waar hulle kyk of my buise skoon is, daar is niks fout aan my man se kant nie en sover by my is alles ook meer as positief. Ek en my man ondersteun mekaar, maar my man kan sien dat dit aan my vat elke maand as ek nie swanger is nie so die maand het ek net besluit ek kan nie weer sit en huil nie, toe begin ek soek na 'n plek waar ek met mense kan gesels wat deur die selfde gaan as ek en hier is ek nou. Ek wonder dalk kan iemand my vraag antwoord: Raak die seer minder? Ek meen kom jy op 'n punt waar dit nie meer voel of jou hele hart breek elke keer wanneer jy uitvind jy nie swanger is nie? Praat later
Mel