Mens hoor van baie vrouens wat allerhande behandelings ondergaan het, baie met sukses, en ander soos ek, onsuksesvol. Die dr het genoem dat ons dalk 'n sperm skenker moet oorweeg. My ouderdom tel ook teen my, maar dan is die sperms ten minste positief (indien van 'n skenker, aangesien ons sperms stadig en min is). Ek weet nie waar om te begin dink oor dit nie. Is dit dalk die antwoord ? Hoe besluit jy of dit nou die roete is ? Moet ons nie maar vir die 3de keer (en moontlik die laaste keer agv finansies en ouderdom ) ICSI probeer nie? Het iemand vir my raad ?

Koti