Soveel paartjies sukkel om swanger te word en ondervind 'n gemis aan 'n baba in hul arms.
Word deel van ons ondersteuningsgroep en deel met ander jou ervarings. Watter pad is die Here besig om met jou te stap? Watter behandelings het jy al probeer?
Mitch
Feb. 9de, 18:14
Na 9 jaar van kinderloos wees, is ons nou 17 weke swanger met 'n 2-ling! Baie bid, baie vrae, baie trane, die Here is getrou en laat mens nooit in die steek nie. Dit was 'n lang wag, maar die Here is getrou.
Behandelings:
Verskeie oa homeopatiese middels, 1 x KI, en 3 IVF's later, waarvan die laaste IVF gewerk het. Aanneming, waarvan ons nooit ons naam op enige lys kon kry nie, nooit gerealiseer nie.
IVF is 'n harde, moeilike emosionele pad om te stap, met baie rollercoaster rides, maar op die ou end is dit die Here wat die wonderwerk van lewe skenk.
Met die 9 jaar van sukkel, het ek en my man nie net nader aan mekaar beweeg nie, maar het ons ook nader aan die Here beweeg. My verhouding met die Here het 'n ander dimensie aangeneem.
dialina
Mar. 21stee, 16:02
Ons probeer al die afgelope 3 en n half jaar om swanger te word en het al 7 KI's en 3 IVB's gehad,dusver sonder sukses.Ons glo en vertrou egter steeds dat ons nog geseen sal word met baie kindertjies.Die afgelope paar jaar het my net weer laat besef dat ons tyd nie God se tyd is nie en het ek al baie gewens dat ek vir God kan vra wanneer Sy tyd dan sal wees...Ek is bevoorreg om n wonderlike ondersteuningstelsel te he,my wonderlike man heel bo-aan die lys,regdeur tot by vriende en familie wat elke tree by ons staan.Mens verstaan nie altyd hoekom dinge gebeur soos dit doen nie,maar ons kan altyd troos en hoop vind in die wete dat God presies weet en dat Hy net die beste vir ons beplan! Ons sien met verwagting uit na Sy plan vir ons.Aan almal wat ook hierdie pad stap,mag die Here met jul elkeen wees en mag ons almal as sterker mense hier uitstap!!!
Lilly1
Mar. 23de, 13:09
Ek en my man sukkel ook al die afgelope 4 jaar om swanger te raak. Ons is tans by 'n ongelooflike kliniek in die Kaap en kry wonderlike ondersteuning van ons dokter. Ongelukkig was daar nog nie 'n positiewe uitslag gewees nie... Dit breek my moed. Die moeilikste is daardie 2 weke na die inplanting tot die dag wanneer jy 'n bloedtoets kan doen - seker julle weet waarvan ek praat. Dan kom die uitslag - negatief. Jou hart is in duisende stukke gebreek en manlief probeer sy bes om jou te troos. Jy kan dit nie aan iemand verduidelik wat nog nie die selfde pad geloop het nie. Iemand het 'n ruk gelede aan my gesê dat die Here maak nie foute nie. Dit was vir my vreeslik mooi gewees en baie waar! Wie is ek om Sy besluite te bevraagteken? Hy het reeds ons paadjie fyn beplan. Dit bly moeilik maar ons moet bly glo en hoop!
Voorspoed!!
Mitch