kinderloos

Nika
Feb. 19de, 14:53

Ek en my man sukkel al agt jaar om swanger te word. Vandag is weer een van daardie dae wat ek so ongelooflik eensaam voel. Om kinderloos te wees is hierdie ongelooflike lang eensame pad wat jy stap. Na agt jaar het die familie en vriende se vrae al lankal opgehou en elkeen gaan aan met sy lewe. Dit is net jy en die Here en al hierdie vrae en worsteling elke oomblik van die dag. Daar gaan nie 'n dag verby dat ek myself nie bekommer en wonder of ek ooit gaan kinders hê nie. Ek en my man het al vir twee KI's gegaan, maar albei was negatief. Ons gaan in Maartmaand na 'n professor in die Kaap om vir ons raad en bystand te gee vir die pad vorentoe, maar finansieël lyk dit maar donker vir ons. Ons voer 'n gewone middelklas bestaan waar ons elke maand net uitkom met ons geld en die bietjie spaargeld wat ons het gaan ons waarskynlik nou spandeer op 'n UIF. Ek kan nie beskryf die bekommernis wat ek elke dag het dat die eerste UIF wat ons waarskynlik gaan hê ook gaan negatief wees nie. Om weer deur daardie verwerping en hartseer te gaan en dan nog om ongeveer R30 000,00 te verloor ook. Ag, ek weet nie meer nie. Op hierdie stadium is daar net hier en daar 'n persoon waarmee ek kan gesels wat ook self deur 'n periode van kinderloosheid gegaan het, maar verder is dit maar net ek en my somber gedagtes. Gelukkig kan ek altyd met die Here praat, maar baie keer het ek ook maar hierdie vrae teenoor die Here en soms raak ek ook maar kwaad vir die Here. Om te hoor van al die aborsies en tienerswangerskappe en buite-egtelike kinders is vir my soos 'n dolk in die hart. Ek verstaan dit nie. Vandag is maar net nie 'n lekker dag vir my nie. Dankie dat ek my gevoelens kon deel.

Tanya

Feb. 26de, 19:23
Beste Kinderloos, ek het in 2008 'n miskraam gehad en is nou weer swanger. Ek weet dat ek nou beter daarop voorbereid is as toe, en ek is ook 'n realis in die opsig dat ek elke dag vat soos dit kom, ek is 42 en ek weet my ouderdom tel teen my, maar ek vertrou God en wat Hy vir my elke dag aanvaar ek onvoorwaardelik. Na die miskraam het almal gese, selfs die ginekoloog jy kan solank begin "celebrate" want jy gaan gou weer swanger word, dit het nie gebeur nie, alhoewel dit my erg gepla het, het ek daarby berus. Ek het ook besef dat hoe minder ek daaraan "dink" hoe makliker gaan dit gebeur. Ek hoop jy kry spoedig goeie nuus! Moenie moed opgee nie, Let go and Let GOD!

dialina

Mar. 21stee, 15:47
Hi Nika,ek wil net vir jou baie sterkte toewens vir die IVB wat jul beplan,ek weet dat daar soveel gedagtes deur jou kop maal.Die meeste maak jou bang en onseker,want jy weet nie wat om te verwag nie.Ek weet ook dat niks wat enige iemand se dit vir jou makliker sal maak nie.Ons is self al deur 7 KI's en 3 IVB's en al wat ek vir jou kan se is dat jy net moet aanhou glo en vertrou!!Jy is ook geregtig daarop om "af" dae te he,dit help om dan n lekker trane trekker te kyk en te huil totdat al jou kleenex op is!! Al voel dit asof jy allleen op die pad is weet dat daar mense is wat vir julle bid!
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na