Dit is ook die eerste keer dat ek werklik oor hierdie "probleem" praat/ of skryf. Vandat ek kan onthou, wou ek nie groot dinge in my lewe bereik, soos om 'n rocketscientist te word of Mount Everest te klim nie. Ek wou net iets heel eenvoudigs uit die lewe he - ek wou gelukkig getroud wees met 'n groot gesin en almal happy ever after wees. Klink heel eenvoudig en selfs dalk 'n bietjie ambisieloos. Wel die perfekte man, my "ridder" op sy wit perd, het ek gekry en ek besef elke dag hoe ongelooflik bevoorreg ek is om so iemand in my lewe te he. Daarom voel dit SO verkeerd om NOGSTEEDS te smag na iets meer - kinders. Ek en my man het altwee hierdie ongelooflike behoefte om te kan kinders he. Ek kan die verlange in sy oe sien as hy iemand anders se babatjie (ja, nog 'n vriendin en nog 'n nuwe baba) vashou - dit breek my hart. Ons sukkel al ongeveer 5 jaar om swanger te raak. Ons weet waar die probleem le (hy het baie lae spermtelling) maar dit maak dit nie makliker vir my nie. Ek voel moedeloos, hartseer, kwaad, deurmekaar, jaloers, bitter en oor die algemeen soos 'n mislukking. Moet mens aanhou probeer en deur al die hoe verwagtinge en hartseer gaan. Is dit nie selfsugtig nie- moet mens nie aanvaar as iets nie vir jou bestem is nie? En dan die groot vraag - HOE aanvaar mens en HOE bly jy deur alles glo? Ek probeer positief wees, ek probeer aanhou bid, ek probeer gelukkig voel as iemand anders swanger raak en as nog iemand vir my se om geduldig te bly glo gaan ek skreeu!

Linka