Hoe bly mens glo en hoop

hester
Jul. 1ste, 12:42

Dit is ook die eerste keer dat ek werklik oor hierdie "probleem" praat/ of skryf. Vandat ek kan onthou, wou ek nie groot dinge in my lewe bereik, soos om 'n rocketscientist te word of Mount Everest te klim nie. Ek wou net iets heel eenvoudigs uit die lewe he - ek wou gelukkig getroud wees met 'n groot gesin en almal happy ever after wees. Klink heel eenvoudig en selfs dalk 'n bietjie ambisieloos. Wel die perfekte man, my "ridder" op sy wit perd, het ek gekry en ek besef elke dag hoe ongelooflik bevoorreg ek is om so iemand in my lewe te he. Daarom voel dit SO verkeerd om NOGSTEEDS te smag na iets meer - kinders. Ek en my man het altwee hierdie ongelooflike behoefte om te kan kinders he. Ek kan die verlange in sy oe sien as hy iemand anders se babatjie (ja, nog 'n vriendin en nog 'n nuwe baba) vashou - dit breek my hart. Ons sukkel al ongeveer 5 jaar om swanger te raak. Ons weet waar die probleem le (hy het baie lae spermtelling) maar dit maak dit nie makliker vir my nie. Ek voel moedeloos, hartseer, kwaad, deurmekaar, jaloers, bitter en oor die algemeen soos 'n mislukking. Moet mens aanhou probeer en deur al die hoe verwagtinge en hartseer gaan. Is dit nie selfsugtig nie- moet mens nie aanvaar as iets nie vir jou bestem is nie? En dan die groot vraag - HOE aanvaar mens en HOE bly jy deur alles glo? Ek probeer positief wees, ek probeer aanhou bid, ek probeer gelukkig voel as iemand anders swanger raak en as nog iemand vir my se om geduldig te bly glo gaan ek skreeu!

Linka

Jul. 5de, 08:58
Hi Hester Snaaks hoe baie mense met die selfde probleem sit maar nie daaroor wil gesels nie, dalk is dit omdat ons nie weet waar om te begin nie. Ek het nie antwoorde vir julle probleem nie, ek kan net vir jou se ek weet waardeur julle gaan. Ook sal ek nie se wees net geduldig nie, want ek ken daai ruimpie uit my kop uit en ek weet dit is nie wat 'n mens wil hoor as jy smag na 'n kleinmensie in jou arms nie. Wat ek wel vir jou kan se is bly in God se skaduwee, Hy is wonderlik en sal op die regte tyd vir julle gee wat Hy vir julle bestem het. Ek weet mens raak soms moedeloos en kwaad en jy mag, glo my ek doen dit gereeld, maar dan wys God my dat Hy daar is en dat ek vir soveel meer moet dankbaar wees en net wag vir Hom want hy weet wat die regte tyd is vir ons. Dit troos nie altyd nie, maar dit is hoop waarin 'n mens moet vashou, want as jy hoop verloor dan verloor jy 'n mooi droom. God sal julle gebede verhoor nes ek weet en wag dat Hy myne verhoor! Sterkte.

Mel

Jul. 6de, 09:49
Ek bid dat God julle toevou met liefde. God luister na julle gebede. Hou net vas aan God soos wat julle reeds doen. Ek was by n retreat wat Lizette Murray aangebied het en die titel van die naweek retreat het alles duidelik gemaak vir my, met al my seer. Die titel was NOGTANS SAL EK JUBEL! Nogstans sal ek jubel vir Jesus al kry ek nie altyd wat ek wil he nie. Met baie liefde, gebede. Sterkte.
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na