Waarvoor wil jy vandag dankie sê?

Leef_admin
Mar. 10de, 08:21

1 Tessalonisense 5:18 sê: "Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag." Waarvoor is jy vandag dankbaar?

CHARMAINE

Mar. 15de, 14:26
My gesondheid ek kan sien werk en almal vir wie ek lief is is gesond

CHARMAINE

Mar. 29de, 10:03
Dankie dat ons kan glo in wonderwerke

ccato

Mar. 23de, 21:09
Ek wil dankie se vir lewe - vir my kinders en kleinkinders en vir God wat soveel vir ons gee, onverdiend!... die Here prys want ek is sonder pyn ...

Marika

Mar. 24de, 15:36
Here, dankie vir my wonderlike man, my beste maatjie wat U dien en vir U lief is..

El

Mar. 25de, 13:32
Heer - ons is vinnig om te vra - Gee my asb die kans om Dankie te sê! Dankie Here dat my kinders gesond en normaal is. Dankie dat ons seëninge elke dag van U ontvang. Dankie Here dat U my steeds daagliks die krag gee om te werk aan my huwelik, dat U my steeds optel wanneer ek val, en dat U vertroosting vir die diepste diepste seer in my lewe die oomblik verlig. Dankie dat ek in diè opsig elke dag nader kan kom tot vrede. Dankie vir vriende en familie, vir gesondheid, 'n dak oor ons koppe, kos en klere. Dankie vir dit ook wat ons vergeet om hier te noem. Dankie vir Liefde Here - want sonder liefde - kan ons niks van die bogenoemde ervaar nie. U is groot en Heilig, U is! Amen

Rose

Mar. 26de, 12:19
Here ek wil vandag vir jou Groot dankie sê vir U Groot Lig wat in my lewe skyn. Alhoewel ek geen elektrisiteit het nie, skyn U goedheid deur dit...ek is dankbaar dat U hand nog oor my is, my dogter se kampgelde van R600 is betaal, ons het nie een aand sonder kos gaan slaap nie, ek kan nog hoop vind in die situasie! U omring my met goeie mense, wat my onvoorwaardelik help met dit wat hulle kan....Dankie vir my redding Vader, want sonder dit sou ek dit nie gemaak het, U plan is altyd verbo wat ons kan dink! Ek's baie lief vir U Liewe Jesus.

H

Mar. 26de, 14:09
Dankie Abba dat ek kan LEEF ! Asem haal, liefge gee en ontvang, 'n wonderlike man, wonderlike familie en vriende, my tonne onverdiende seëninge wat ek daagliks uit U hand ontvang! Dankie dat ek daagliks bewus kan wees van U Gees, dat ek die geleentheid om my Bybel te lees, U te aanbid sonder om vervolg te word. Amen.

Annamart

Mar. 26de, 20:25
Dankie Here dat U vandag na my seun omgesien het tydens 'n vyf ure operasie om vir hom tande te gee wat hy nie gehad het nie met geboorte. Dankie dat ons veilig terug is , 560 km vêr, dankie dat my man in staat is om al die kostes te betaal vir 2 sulke kinders - die mediese fonds sê dis kosmeties !! Dankie vir wat u vandag in my huwelik beteken het. Net U sal weet hoe lief ons vir onse Vader is !

LLamprecht

Apr. 7de, 12:26
Dankie Here vir my gesondheid, my familie en vriende wat lief is vir my en vir my omgee. Dankie dat ek `n wonderlike man kan lief hê. Here dankie vir my veiligheid en dankie dat U my nooit verlaat nie, al verlaat ek myself partykeer dat ek my nie ken nie, bly U altyd by my sonder dat ek dit besef. U leer mens op U manier en ek besef dit.

Suna

Apr. 11de, 20:53
Ek hou sedert Februarie 'n dankbaarheidsjoernaal. Het vandag my 200ste inskrywing gemaak! Dit het my geleer om met ander oë na alledaagse gebeurtenisse te kyk, en God se hand ook in die klein dinge in my lewe te sien (soos wanneer ek die sleutels in die aansitter sien NET voor ek die kar se deur sluit!) En om neer te skryf wanneer ek Sy groot genade en liefde elke dag ervaar!
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na