Vas

H
Apr. 19de, 14:00

Ek sal dit waardeer as iemand vir my kan lei in die regte rigting, of dalk bronne gee waar ek meer kan gaan lees. Hoe vas ek? Wanneer moet ek vas? Wat is die doel van vas?

alene

Mei 5de, 09:21
hi ek het onlangs goeie boekie gelees oor vas wat al jou vrae sal beantwoord. Franklin Jenkinson,nie seker of ek dit reg gespel het,maar hulle sal jou by Cum of so kan help.Groete!

chanehendrik1

Aug. 3de, 07:57
Hi om te vas is dit van son opkom tot son afgaan bv mag nie eet wanneer son op is en as die son af gaan mag jy eet maar onthou net as jy ophou tel n mens dit weer op. ek het gevas en dit was moeilik die eerste twee dae maar die 3de dag was dit okay. ek het op n ligte dieet daar naa gegaan en het darm gewig verloor

Lewenslesse

Aug. 26de, 15:53
Vir my persoonlik, is Vas iets baie besonder. Ek is in die Kapel in Melvillle, en daar was gepreek oor die onderwerp so paar weke terug deur Pastoor Philip Liebenberg. Kyk op www.thechapel.ws en soek vir die preke klankbane. Ek sien vas as om iets op te gee. Sommige mense sien net die opgee van kos as vas, maar vir my is dit meer belangrik om iets op te gee wat baie van my vrye tyd beslaan, soos televisie of moontlik kuier, vir 'n spesifieke tyd, en daardie tyd aan Meditasie, gebed, en bybellees spandeer. Ons het paar mense in ons gemeente, waarvan ek deeesdae een is, wat op Woensdae spesifiek vas. Vir my is dit om van 6 uur in die oggend tot 6 uur in die aand geen kos te eet nie. Ek kom van die werk af en sonder my dan af in gebed, en raaak net stil by my Vader, en ek kry soms juis hier van my grootste antwoorde op my wroegings, omdat die vas my totaal op God vestig. Ook vind ek dat al het ek nie regtig by die werk tyd om baie te bid op my vasdag nie, is kort gebedjies met tee en etenstye vir my so waardevol. Vas is wonderlik, en dit neem jou van jou natuurlike behoeftes weg, en help jou o jou aandag op God te vestig.
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na