Kain se vrou

Leef_admin
Feb. 17de, 09:25

As God Adam en Eva gemaak het as die eerste mense, en hulle het net twee seuns, Kain en Abel gehad, waar het Kain 'n vrou gekry? Hier is 'n interessante webwerf (http://www.christiananswers.net/q-aig/aig-c004.html) met maar net één opinie - dat Kain se vrou óók van Eva afkomstig was. Is daar 'n regte antwoord?

Sonja

Feb. 17de, 14:30
Ek dink jy vra die vraag omdat 'n ongelowige jou dit gevra het. Ek dink altyd so daaraan dat God goed wat nie belangrik nie is uitgelaat het. Imagine as die skrywers elke aksie moes neerpen? Maar jou vraag: Adam en Eva het ander kinders gehad - 33 seuns en 23 dogters. En dogters is nie in die bybel genoem tensy hulle iets merkwaardag gedoen het nie (Wat was Moses se ma se naam?). NOU sê die woord vir ons in Genesis 6:2 the sons of God saw that the daughters of men were beautiful, and they married any of them they chose. Weereens die bybel "pas nie mooi agtermekaar nie" want hierdie Sons of God was die engele wat Hy saam met satan uit die hemel gegooi het (waarvan ons eers in Jesaja lees). Die gevalle engele het verlief geraak op die dogters van mens en met hulle getrou. As mens in ag neem dat Kain vir homself 'n vrou in 'n ander land gekry het, kan ek net dink dat sy een van die kinders van die fallen angels en daughters of man was.

henisharley

Feb. 23de, 21:53
Daar staan geskrywe dat Adam en Eva die eerste mense was, maar dit beteken nog lank nie dat God ook nog ander mense geskape het nie...

fyngoud

Mar. 6de, 19:59
Daar is sekerlik n verduideliking daarvoor waarvan nie in die Bybel geskryf is nie,maar sou Kain se vrou sy suster wees was dit n introuery van die begin af.Hoe verklaar ons dan ook hoe sekere diere net op sekere vastelande voorkom as almal saam in die ark was?
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na