Hoe nader ek 'n kollega?

Franzi
Nov. 26de 2009, 12:28

'n Kollega sukkel en ek dink nie sy ken die Here nie. Ek wil graag met haar daaroor praat, maar weet nie hoe nie. Wil haar nie afskrik nie.

Koti

Des. 4de 2009, 23:57
Franzi bid daaroor en vra die Here om jou bewus te maak van die geleenthed wat Hy vir jou skep om oor Hom te praat. Sy sal byvoorbeeld iets se soos: "ek weet nie wat om te doen nie want....." dan kan jy reageer dat wanneer jy so voel bid jy en dan word jy rustig daaroor en kry gewoonlik 'n antwoord of so iets wat waar is. Vra haar of sy ook bid en as sy rondval met 'n antwoord, se aan haar dat jy vanaand vir haar sal bid en kyk of daar uitkoms kom. Later kan jy haar vra of jy daar en dan kan bid vir haar. Jy sal net sien hoe die Here jou eer deur jou getrouheid aan Hom dat Hy ook Sy getouheid daadwerklik gaan wys vir jou in jou kollega se lewe. Sterkte....as jy dit eers eenkeer reggekry het is dit soveel makliker die volgende kere.

ccato

Jan. 4de, 21:46
Franzi, ek het n Russiese vriendin wat gladni God geken het nie - dis nou bykans 5jr later en baie gebed van my kant af - Nov mt my verjaarsdag het sy die tafel gebed gedoen en gaan nou bybelstudie toe en het selfs n Bybel aangekoop en lees dit gereeld - Sy het so-pas ma geword en se dat sy haar kind van God gaan leer.... so, gebed is die antwoord - bly weg van jou geloof op haar 'afdwing' maar volhard om te vertel van Sy grootheid (net so in die algemeen) - later word hulle so nuuskierig dat sy al hoe meer oor die Here wil leer en uitvind.. sterkte

henisharley

Feb. 23de, 22:06
Eerlike belangstelling en die persoon so aanvaar soos wat sy is, is die basis vir goeie kommunikasie.
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na