Welkom by die ondersteuningsgroep

admin
Jan. 27de, 13:29

Ly jy of iemand na aan jou aan depressie? Voel dit soms of jy alleen staan?

Ons het 'n oorweldigende respons gekry van Lééf-lesers en ander wat hiermee worstel. Daarom het ons hier 'n ondersteuningsgroep gestig. Dis 'n veilige omgewing waar jy jou worstelings en jou oorwinnings met ander kan deel.

(Onthou om as gebruiker te registreer en aan te teken om saam te gesels - regs bo op jou skerm)

Die eerste punt van bespreking: hoe hanteer jy die aftye?

Tanya

Feb. 8ste, 16:01
Ek ly nie aan depressie nie, my ma het wel aan bipolere depressie gely en dit het my lewe verander. Positief verander. Ek het meer begrip gekry vir die siekte en vir mense met die siekte. En besef dat die algemene raad van ' n paar jaar gelede van ruk jouself reg, beslis nie die raad is wat gevolg moet word nie! Ek kry wel my "af" dae maar ek luister dan na my binneste en gaan net saam met die vloei, ek is nie hard op myself en dink ek moet elke dag hiper produktief wees nie.

Marnie

Feb. 8ste, 18:08
Ek sal graag weer 19 wil wees, want toe was ek gelukkig en tevrede met myself en die wereld, maar vandag 14 jaar later ken ek nie meer daardie mens nie. Ek sal nooit weer 8 jaar oud wil wees nie, want toe het ek my swaarste las gedra, 'n las wat nie bedoel is vir sulke klein skouertjies nie. Maar 'n wonderwerk het gebeur op die ouderdom van 17 ek het begin vergeet, alles weggebere so ver dat ek gelewe het asof ek die gelukkigste tiener op aarde is. En op 19 het ek heeltemal vergeet....tot so 4 maande na my jongste se geboorte op die ouederdom van 27, toe verander als! Ek was eweskielik weer 8 jaar oud en alles het net te swaar vir my skouers begin word, die donker wolk was terug! Van daardie tyd af is niks meer dieselfde nie, ek lag nie meer nie, om tussen 'n klomp mense te wees is vreesaanjaend, want dit voel asof almal "weet". Ek voel kwaad, depresief en voel asof elke dag 'n stryd is om deurtekom. Ek voel vuil, verward en tenagekom en nou haal ek dit op die verkeerde mense uit! En ouboet wel hy is gelukkig, hy gaan aan met sy lewe asof niks gebeur het nie. Ek het probeer vra hoekom? Maar die antwoord was net "ek was maar net 15 nog 'n kind, wat ek aan jou gedoen het was niks, hou op kla dit is die verlede en dit was nie so erg nie" Die woede wat ek deur die jare hieroor saam met my gedra het, het bedaar, maar ek is moeg nie vir die lewe nie daarvoor is ek te lief vir die Here, my kinders en my man, maar ek is innerlik en uiterlik MOEG!

Leona

Feb. 9de, 15:51
Moenie meer vra hoekom nie. Twee gebede moet jy op jou "to do" lys skryf vir elke dag: 1) Bid vir jou broer se bekering, vra dat die Here deur sy Gees in sy hart sal werk. "Ek sal reinigingswater oor julle uitgooi sodat julle rein kan word. Ek sal julle reinig van al julle onreinheid en van al julle afgodery. Ek sal julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle 'n hart van vleis gee. Ek sal my Gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte leef en my bepalings gehoorsaam en nakom." Eseg.36:25-27 2) Vergewe hom, daagliks as dit moet, en vra die Here om jou daarmee te help. Nadat Job vir sy vriende gebid het, het die Here die omstandighede van Job verander en hom twee keer soveel gegee as wat hy gehad het. Die Here het die laaste deel van Job se lewe voorspoediger gemaak as die eerste. Job 42 Die Here is getrou, hy is altyd met jou. Gee die moegheid vir Hom, sy las is lig.

Aletta

Feb. 8ste, 19:40
Ek stel voor dat Lééf 'n professionele persoon kry om hierdie forum te "administreer" - m.a.w. iemand soos 'n kliniese sielkundige, pastorale berader, ens. Ekself is 'n depressie-lyer en ek kan my voorstel wat met 'n groep sal gebeur waar mense net hulle emosies vaspen en geen reaksie daarop kry nie. In my geval het medikasie BAIE, BAIE, BAIE gehelp. Ek leef as normale mens alhoewel ek nou sukkel met my gewig :-( Eintlik is ek gediagnoseer as Bipolêr II dus ken ek daardie baie diep "lows". Maar ek stap 'n pad met die Here en glo niks is onmoontlik vir Hom nie. Verder lees ek baie geestelike boeke (nie oor depressie nie, oor ander onderwerpe) en ek fokus daarop om God beter te leer ken. Ek is tot so 'n mate beter dat ek oor 'n week in 'n ander land gaan woon!

Leef_admin

Feb. 9de, 10:19
Dankie Aletta, dis 'n baie goeie idee. Ons stel solank ondersoek in na 'n geskikte professionele persoon om deel te word van die forum.

Leona

Feb. 9de, 14:12
Ek stem saam met Aletta, en stel voor dat julle slegs 'n pastorale persoon kry wat terselfde tyd die geestelike kan aanspreek. Ons het nodig om na gees, siel en liggaam heel te word. Al wat ek teen die klienise sielkundiges het is dat ons om om dieselfde berg gaan en nooit daaroor kom na die beloofde land. Dankie!

henisharley

Mar. 3de, 09:59
@ leona, uit jou antwoord is ek geneig om af te lei dat jy slegte ervaring met kliniese sielkundiges gehad het? n "goeie" sielkundige ondersteun mens net sovêr sodat mens in staat is om daai berg self te kan oorklim... sterkte!

henisharley

Mar. 3de, 09:56
@ Aletta, ek stem saam met jou voorstel! in watter land het jy besluit om te gaan woon? sterkte vir jou vorentoe!

Nicolene

Feb. 9de, 08:42
Hi daar! Ek is Nicolene Blom bly in Pretoria. Ek het aan depressie gely en as ek terug dink daar aan was dit hel gewees. Gelukkig het ek 'n goeie man en ouers wat my deur hierdie tyd gedra het. Almal het vir my gebid, maar een ding kan ek vandag sê die Here het my nie verlaat in daai tyd van my nie.

CHARMAINE

Mar. 12de, 09:04
Hallo Nicolene. Ek is bly jy kon deur gebed weer die lig sien. Ek kry dit nie reg nie. Ek probeer bid vir helderheid - kry dit nie reg nie. My nagte is hel- dit word oorheers deur die lelikste nagmerries. Ek dryf almal van my weg. Ek is so eensaam. Ek het al probeer om met sielkundiges, die dominee en vriende te praat. Ek kry dit egter nie reg om heeltemal oop te maak nie. Iets keer my om dit wat my die seerste maak in eerlikheid met almal te deel. Hoe het jy dit reggekry? Ek weet dat ek net by God genesing kan vind. Die dokters meen dat dit a.g.v. van erge trauma is dat ek 'n epilepsie lyer is- ook omdat dit in my voorgeslagte voorkom. Ek het al gehoor dat dit deur demone in mens se lewe kom- kan iemand my se of dit die geval is.

Karin

Feb. 9de, 12:53
Ek weet nie of ek aan depressie ly nie - het nog nooit "offisieel" dit laat bevestig nie! Ek het op 27 Januarie 2010 my oudste seun verloor - hy was bipoler. Hy het homself geskiet. Die Here se genade is so onbeskryflik groot! Bertie het homself om 06:22 die oggend geskiet en hy is 11:50 oorlede. Ek was by hom gewees van omtrent 08:00 af en alhoewel hy in 'n baie diep koma was, WEET ek hy het my die hele tyd gehoor. Ek en sy stiefma het net die heeltyd vir hom gebid en ek weet ons het hom deur die gees na die Here gelei. Ek vind berusting daarin dat hy veilig by Jesus is en geen seer en pyn meer het nie. Ek is stukkend - stukkend van verwyte dat ek nie meer gedoen het om hom te probeer help nie. Hy wou nooit medikasie gebruik nie en ek het dit maar laat gaan - hy was 27 jaar oud. Dit voel vir my of ek net 'n kombers oor my kop wil trek en erens in 'n hoekie gaan le waar ek niemand hoef te sien of te hoor nie.....is ek depressief? Ek weet nie - al wat ek weet is dat my hart gebreek is en ek so na my kind verlang.....

Leona

Feb. 9de, 14:34
Karin, ek is seker dat jy op die oomblik depressief is, dit is deel van die rou proses. Ek is jammer om te lees van jou seun se dood. My seun is ook 'n paar jaar gelede oorlede, maar in 'n ongeluk- hy was 25. Vriendinne het vir my boeke gegee om te lees, o.a. het ek twee van Solly Ozrovech - "'n Reënboog deur my trane" oor God se troos, en "Moenie jou Droefheid verkwis nie" -gedagtes oor die hantering van rousmart. Ons familie het ook Isak Burger se boeke "die Eerste 5 minute voor die dood" en "die Eerste 5 minute na die dood" gelees omdat daar ook ander verliese was in die afgelope jaar of twee. My gedagtes gaan altyd na Psalm 42 en 43 waar die Psalm skrywer 'self praat' doen - so moet ons ook, en veral onsself gedurig daaraan herinder dat God in beheer is; ons moet gedurig onthou wat Hy al in die verlede vir ons gedoen het, en wat Hy aan ons belowe in sy woord. Ek dink ook aan Jesus se woorde in Matt.16:23 "Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê." Ek dink as Jesus so die duiwel 'op sy plek moes sit' hoeveel te meer moet ons nie ook nie. Positiewe selfpraat en met positiewe mense in aanraaking te bly en die natuur te geniet is 'n stap op die regte pad. Sterkte mens - dit kan ook 'n lang pad wees, maar kry die regte stapmaats!

Aletta

Feb. 9de, 18:39
Ek is baie, baie jammer om te hoor van jou seun. Probeer asb om nie jouself te verwyt nie. Dit was sy keuse om nie medikasie te gebruik nie en ek weet nie of mens veel kan doen om iemand te dwing om medikasie te gebruik as hy nie wil nie? Ek het op ongeveer 27 uiteindelik by 'n psigiater uitgekom wat my na vele probeerslae op die regte kombinasie medikasie gekry het (ek is nou 30). Dit het maande gevat. Dus: Selfs al gaan mens op medikasie kan dit nogal lank vat om iets te kry wat "werk". Ek het week na week, selfs tweemaal 'n week, in die psigiater se spreekkamer gesit en gesê "ek wil net doodgaan". Ek weet nie wat dit was wat my gekeer het om ook so iets te doen nie. Ek kon maklik ook maar in dieselfde bootjie geval het. Bipolêre versteuring is 'n SIEKTE soos diabetes wat medikasie benodig. Gemoedsversteurings loop in familie, i.e. is geneties, en dit sal dalk 'n goeie idee wees vir jou om ook by iemand uit te kom wat jou kan help. Maar natuurlik is dit net logies dat jy op hierdie tydstip depressief voel. Dis deel van die rouproses. Het jy mense wat jou ondersteun?

Tanya

Feb. 18ste, 06:36
Beste Karin, vergewe jouself, ek is seker jy het gedoen wat jy kon onder omstandighede! Julle het gebid vir hom en gedoen wat julle gedink het die beste is. Toe my man dood is in my arms het ek absoluut niemand gehad om mee te praat nie, en is na 'n sielkundige toe, met die 3de afspraak wou sy vir my alklaar anti-depressante gee want volgens haar SOU ek depressief raak, hierdie vrou het nie die VERSKIL tussen HARTSEER en DEPRESSIE verstaan nie! Jeanne Els het 'n wonderlike boek genaamd Ligdans: Depressie-vegters se verhale van hoop geskryf. Sy praat met depressie lyers in taal wat hulle "verstaan", daar is ook praktiese hulp van profesionele mense. Ons almal reageer nie dieselfde in diepseermaak, traumatiese situasies nie. Vergewe jouself, dit wat gebeur het is finaal, dit is harde woorde, maar onthou die tye wat julle saam was. My ma het aan depressie gely vandat ek in Std 4 was totdat sy haar lewe geneem het in 1991, dit is 19 jaar gelede as ek reg uitwerk. Ek het altyd gewonder wat kon ek meer doen om te help, en ek het gedoen wat ek kon deur al die jare, om te wonder gee jou en my nie 'n antwoord nie. Ek het nog altyd geglo in die volgende woorde, erens uit Spreuke: "Since the Lord is directing our steps why try to understand everything that happens along the way." Ek mis haar nog steeds en sal haar altyd mis, in die goeie en nie so goeie tye nie. Die lewe gaan aan, jou lewe ook. Kyk na jouself, en luister na jou liggaam en verstand.

henisharley

Mar. 3de, 10:02
@ karin, ek hoop dat jy ondersteuning het... jy het n traumatiese ervaring opgedoen wat onbeskryflik seer en selfverwyte agter laat... laat jou help sodat jy nie in dieselfde maalkolk beland nie! sterkte

CHARMAINE

Mar. 5de, 09:53
Ek kan nie my man se dood verwerk nie. Was al op verskeie anti-deprissante, beradings ens. Niks werk nie. Dit bemoeilik my verhouding met ander. Ek is weer getroud, maar ek soek nog steeds my oorlede man in alles rondom my. Hy het my omtrent 2 ure voor die ongeluk gebel, ons het gestry, en dit was ons laaste gesprek.

anton

Apr. 10de, 16:36
Hi Charmaine, Ek het werklik groot simpatie met jou situasie. Ek dink dit is belangrik dat jy weet, jy moet jouself nie oor en oor verwyt omdat jy en jou oorlede man gestry het kort voor die ongeluk nie. Alle pare stry van tyd tot tyd. EK dink dat jy miskien deur berading berusting sal vind aangesien dit vir jou mag voel dat die sirkel nie voltooi is nie, omdat daar so baie dinge is wat miskien ongesé is. Om verlies te verwerk is nie maklik nie. Dit mag miskien help om 'n brief aan jou oorlede man te skryf, jy kan alles wat jy nog wou sé op papier neerskryf, ek het al gevind dat dit baie help om mens se emosies te verwerk, en berusting te vind. Miskien is dit ook belangrik om by 'n ondersteuningsgroep in jou omgewing aan te sluit, daar sal jy mense ontmoet wie ook geliefdes aan die dood moes afstaan, en kan jy dan deur gesels berusting vind.

anton

Apr. 10de, 16:23
Hi ek is van bellville, ek self ly nie aan depressie nie. Ek het aan die begin van die jaar iemand baie spesiaal ontmoet wie aan depressie ly. Soms voel dit asof jy as mens gemanupileer word, maar dit is so belangrik om te besef depressie is 'n siekte en nie sommer net "afdag" of "af gevoel" nie. Dit is belangrik om 'n depressie lyer veilig te laat voel, en hulle te laat besef dat jy verstaan. Dit is belangrik om die persoon te ondersteun en te luister al moet jy honderd maal dieselfde dinge aanhoor. Onthou ons beveg die depressie en nie die lyer nie.

ccato

Apr. 12de, 20:42
Wat n wonderlike idee is dit nie en n span berader/sielkundige sal die kersie op die koek sit!! Ek is 56jr en het is in 1993 met depressie gediagnoseer deur n kliniese sielkundige - die huisarts het dadelik slaappille voorgeskryf... dank die Here ek is na drie langgge jare gesond en uit die hel want dis hoe dit gevoel het. Meeste mense het gese kry die Here in jou lewe - ek wou uitgil ek het die Here in my lewe - ek bid 24/7, op die toilet, in die stort, oral maar ek word nie beter nie! Ek wou ook selfmoord pleeg want ek wou nie meer lewe nie - my kinders dink ek het gedink hul ma is mal, stapelgek! Ek wou op die hoogste berg gaan gil, los my net uit, ek is siek, gee my net kans dan sal ek weer okay wees. Ek kon nie eet nie, het omtrent 7kg in n week verloor - my liefdevolle man het my oneindig geondersteun. Hy het my ma laat kom om te kyk wat aangaan - tipies 'ou mense' het my ma gese sy het in haar 70jr op aarde nooit n sielkundige se spreekkamer gesien nie en ek moet my regruk - so het van my 'vriende' ook gese. Ek wou net le, dis al. As ek terugdink weet ek eerlikwaar nie wie het vir die 3 seuns kos gemaak of het ek ooit gestort nie.. my geheue was ook daarmee heen. Sodra ek iets wou vertel het ek van die woorde vergeet en op n tydstip wou ek n briefie skryf maar kon ek nie simpel woordjies onthou nie, ek meen die spelling. Dit was hel en iemand wat nog nooit depressie gehad het nie kan nie saampraat nie... van die anti depressante het my verskriklik aggressief gemaak, ander het ek my stilbly pilletjies genoem - die kinders kon maar met nat voete op die banke sit, ek het dit gesien maar kon net nie daarop reageer nie. Om in n kar te klim om te ry was nag... ek kon nie. Ek het angsaanvalle begin kry, my hare het uitgeval en soms kon ek nie my arm oplig nie want die pyne was net te erg... einde laaste het ek deur my predikant se verwysing na n kliniese sielkundige (hipnoteapeut) in pretoria gegaan.. na die tweede sessie kon ek omtrent vir 2 ure in die kar deurbring en was daar n groot verskil in my optrede... teen die einde van die tweede week se sessies met hom se my man, dankie Here ek het amper my 'ou vrou' terug. Tuis het ek begin oefen soos in hardloop, aerobics, fietsry - elke dag sondag tot sondag al was ek ook verkoue... ek het ook my dieet verander - geen koffie, gaskoeldrank, chocs - ek het begin vrugte groente proteiene eet - baie gebid, baie baie! Doen dit steeds, die bid gedeelte. Ek het ook probeer om geselskap op te soek wat positief was en o ja, gladni flieks te kyk met moord, siekte, ens nie, Daar is hoop vir elkeen van ons wat sukkel met n swaar gemoed, noem dit depressie of net 'af'... gaan soek hulp, verkieslik n proff persoon en verander jou leefwyse, dit maak n groot verskil. Ek is baie bly dat ek ondersteuning gehad het en ook dat God my genadig was... ek is baie bedag vir enige negatiewe gedagtes of n te swaar gemoed. Ek wil nooit ooit weer siek wees nie - depressie is n siekte soos diabetes, kanker, ens. daar is hulp daarbuite... byt net vas! Aan die wat n geliefde moes afstaan aan selfmoord - moet julle nie selfverwyt nie - daar is nie regtig n stop as iemand besluit het nie... ek praat van myself - die tyd toe ek dit wou doen het my man gesit en huil en vertel hoe lief hy my het en wat ookal ek wil he sal hy voorsien maar ek wou nie meer lewe nie - daar was niks vir my oor om voor te leef nie, tog het ek n wilsbesluit gemaak en ek glo dat God my weerhou het daarvan.Ek bid vir elkeen vanaand met depressie dat God julle ook die krag en genade sal gee om te weet dat Hy daar is vir julle....ek dink ook hierdie forum kan baie beteken vir ons elkeen. Baie dankie daarvoor! (jammer vir die deurmekaar skrywery)

veronica

Apr. 21stee, 12:52
Reaksie op depressie, ek kan net die Here dank ek is verlos van depressie so 2 jaar terug. Ek was op pille, en ek het vir gebed gegaan, en glo dit of nie ek is genees, en kyk nie terug. My probleme gee ek nou net vir die Here en hy help my. Ons moet leer om meer te vertrou. baie dankie.

CathyM

Jun. 23de, 20:47
Ek dwing myself (LW dwing) om geestelike cd's te speel wanneer ek af voel en voor ek my kan kry,sing ek saam en word my gemoed weer ligter,veral aanbiddingsliedjies. Die duiwel hou nie daarvan om tweede viool te speel nie en wil altyd sy hand bysit,maar op die manier gaan soek hy vinnig iemand anders met wie se kop hy kan smokkel.
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na