My man het 'n verhouding met iemand gehad saam met wie hy gewerk het, hy het van die begin af vir my gejok oor alles, en jok nogsteeds oor van die goed... Ek was stukkend gewees, het uitgetrek, en hy het my gevra om terug te trek. Ek het einde Febr teruggetrek, maar sukkel om hom te vertrou. Ek het 'n baie haatlike mens geword, en verskree my arme kinders, ek vertrou hulle ook gladnie! Dis net asof my man aangaan met sy lewe en ek moet nou maar net vrede maak met wat hy gedoen het! Ek is darem oor die ergste gehuilery (het die week vir die eerste keer nie gehuil nie), maar hoe gaan ek hom OOIT weer vertrou??? Als wat hy doen, soek ek die leuen in! Dankie