Nuwejaarsvoornemens

Wil jy ook (weer) maer word in 2010?

deur Lindie Strydom Deel met ander Kommentaar (6)
 
0/5.0

Ek lees hierdie week weer Koos van der Merwe se gediggie “Almal wil...”.
Hy sê tereg, “almal wil maer word, maar niemand wil minder eet nie... almal wil slim wees, maar niemand wil geleer word nie... almal wil hemel toe gaan, maar niemand nou al nie.” (Uit sy digbundel Optelwoorde)

“Wil” is net nie genoeg nie!  Die HAT sê ‘n voorneme is ‘n plan en ‘n SMART plan:  spesifiek, meetbaar, achievable/haalbaar, realisties en met ‘n tydlyn.   (En so tussen hakkies:  navorsing het bewys vrouens het ‘n 10% beter kans om sukses te behaal as hulle die voorneme met iemand deel!)

Ek het altyd ‘n lys en het eintlik aangeneem almal het ‘n lys, maar dit is nie so nie.  Na interessante gesprekke oor die Desember vakansie en deur my werk by Helpende Hand, skryf ek die gebrek aan voornemens aan 2 dinge toe:  

1.    Soveel bevoorregte mense is negatief en moeg om hulself teleur te stel.  Voornemens is volgens hulle naief en vir dromers.   
2.    Minder bevoorregte mense se enigste voorneme is om dag tot dag te “cope” en hulle wil 2010 net oorleef.    

Abraham Maslow verduidelik hierdie motivering baie goed aan die hand van sy piramide van behoeftes:  jou behoeftes dryf en motiveer jou.

  • Dit begin by die mees basiese behoefte aan ‘n dak oor jou kop, kos en klere.  
  • Dan ‘n behoefte aan persoonlike veiligheid, finansiële- en werksekuriteit;  
  • Sosiale behoefte aan vriendskappe, intimiteit en ‘n ondersteuningsnetwerk;
  • Behoefte aan erkenning en respek van ander asook ‘n positiewe selfbeeld en selfrespek en
  •  heel bo aan die piramide ‘n behoefte aan selfvervulling en om te wees wat jy bedoel is om te wees – ‘n behoefte om jou volle potensiaal te leef.

Ek het kos en klere, my familie aanvaar my nes ek is en gun vir my die beste.  Ek geniet my werk, het kosbare vriendskappe en ‘n sterk geloof en huwelikfondament. Maar mag alles wat vir my gegee en geleen is dan net by my bly of moet ek nie op ‘n manier my lewe, gesondheid, vermoëns en geleenthede gebruik om vir die moeë mense moed in te praat en vir arm mense HOOP ‘n werklikheid te maak nie?  

Miskien is dit baie meer van ‘n persoonlike uitdaging as om “weer” 5kg te probeer verloor...
Miskien hoef ambisie nie net ‘n veg teen jou eie stagnasie te wees nie...

Kommentaar - 6 opmerkings

Desiré Hanekom

Ek is altyd op een of ander dieet.Ek begin nou al dink my liggaam boiekot my, van Weigh Less, Weight Watchers, Protein Dieet, T & J Miracle sop Dieet, Dieetkundige, .....alles. Help asseblief
Uitgesit op Ma., Jan. 18ste 2010, 15:51

Macdoleen Maritz

2010 vir die LAASTE keer weer probeer maer word!!! Vir solank het ek nou al vrede (aanvaar) gemaak met wie en wat ek is! Besluit het goeie man, het 2 kinder, het ondersteuning van ouer, bo dit alles God se liefde vir my. Wat sal 'n ma van 36 meer wil He? Dit wat sy vir solank al opgegee het op - 'n maer liggaam. Getroud op 21, gewig begin aansit op 22 en van die 1 dieet na die ander vir 5jaar. Maer word en weer vetter geword na die tyd. Besluit gene-ding aanvaar jy is vet, jy mors net geld en stel jouself en almal om jou teleur elke keer wat jy weer gewig optel na 'n dieet. Nou 10 jaar later, nou gaan ek dit doen en doen so dat ek nie weer die gewig sal optel na die dieet nie. Hoe? met die hulp van 'n Dieetkundige, Sielkundige en Dokter. Begin die 9 November 2010 met nuwe eetgewoontes, Dieetkundige gee verskillende fases van eetprogram waar tydens ek sielkundige sien om my en al my emosie regte kry vir die nuwe maer ek. 12 Weke verskillende fases van dieet program en dan die groot dag - die dag waar die Dokter inbeweeg en my help om nooit weer die gewig optetel na die tyd nie. Dan nog 24 weke van dieet program fases om my nou op my doel gewig te kry. Dit vat alles baie uithouvermoe en harde werk. Dit kos baie geld R120 000 + met al die hulp en kos ens wat jy moet aanskaf. Maar maer word in 2010 dit gaan ek doen vir MYSELF!!! Nou al 14 kg verloor in 9 weke. Ek moet 65kg verloor. 65 - 14 = 51kg 'to go' Onthou ek weet R120 000 is baie geld maar om nogge mens te verloor is nie goedkoop nie. Maar verseker gaan ek maer word en dit nooit weer optel nie! Persoonlike uitdaging verseker en en nooit weer te aanvaar nie. Waar daar 'n Wil is is daar 'n weg! Hang net af hoe groot is die Wil! Hoe ver is jy bereid om te gaan. Ek al die pad tot op my doelgewig!!!
Uitgesit op Di., Jan. 19de 2010, 09:35

Alet

Ek weet ek is van diepunt af.... maar ek is mal oor die stoel waarop Lindie sit? Het sy dit self gedoen? Dit is so 'n oulike idee!
Uitgesit op Di., Jan. 19de 2010, 13:12

ccato

Het by iemand gehoor van die dieet wat sy gaan volg - dalk 'join' ek haar want ek het ook n paar xtra kilo's om af te skud - was ook al op al wat dieet is en ja julle is reg, nie een het gewerk nie!! Sy se jy moet een dag 'mooi' eet, soos in groente,vrugte, vleis en selfs poeding maar nou nie massiewe porsies nie en die volgende dag drink jy net tee en water en so gaan jy aan..... klink nie te sleg nie...... wie gaan saam probeer??
Uitgesit op Do., Jan. 21stee 2010, 21:41

cornelia

Ek was altyd op een of ander dieet maar vandat ek daarvan vergeet begin my gewig vanself minder word. Sodra ek altyd aan 'n dieet dink wil ek meer en meer eet. Nou maak dit nie meer saak om net altyd iets in my mond te sit nie. Baie meer dinge in die lewe om op te konsentreer en wees net dankbaar wat ons altyd in oorvloed van ons Hemelse Vader af ontvang.
Uitgesit op Sat., Jan. 23de 2010, 22:28

henisharley

vind eers uit hoekom mens altyd na kos gryp. skakel oor na gesonde eetgewoontes. mens kan alles eet met matigheid voor oë...dieete mak vet!!!
Uitgesit op Do., Mar. 4de 2010, 02:49
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na