Zimbabwe

Sy lig skyn helder

deur Dawid Yzelle Deel met ander Kommentaar (1)
 
0/5.0

Een Saterdagoggend op ‘n plaas buite Ceres vra vriend Riaan uit die bloute of ek “gou” saam met hom Worcester toe sal ry. Een van die manne by die kerk is op pad Zimbabwe toe en het ‘n ekstra selfoon nodig. Hy wat Riaan is, wil dit gou gaan afgee.

Ek’s nie te gretig nie: Dis vroegdag al warm en die swembad wink. Maar ek besluit toe tog om saam te gaan. Op pad sê Riaan hy het sterk in sy hart gevoel hy moet die moeite doen om Worcester toe te ry: ‘n Mens weet nooit watse verskil so ‘n oënskynlik onnodige rit kan maak nie.

Daar aangekom gesels ons met Brad. Die man moet die pad Johannesburg toe alleen aandurf (sy vrou en seuntjie het reeds die vorige dag soontoe gevlieg). Vandaar sal hulle saam verder reis vir hul sendingaksie in Zimbabwe. Ek deel half skuldig met hom my persepsie van vroeër dat daar aan dié buurland geen salf te smeer is nie. Dat niemand meer die mense van Zimbabwe kan red nie. En tog, meer en meer hoor jy van die verandering wat wel besig is om te gebeur, van hoe die Here ‘n situasie begin omdraai in ‘n land waarvan ek nie meer wou hoor nie.

En dan besef ek net weer: Daar waar die donker alles verswelg het, juis daar sal Hy Sy lig die helderste laat skyn. Gistermiddag laat lees ek met nuwe dankbaarheid ‘n e-pos-boodskap van Brad: “God is moving in a historic way here in Zimbabwe!!! You can see glimmers, flickers, and embers of light popping up all around... And honestly, it is obvious to many here that God is preparing to explode his light in, through, and out of this place!!! Just when everyone has written Zim off...”

Kommentaar - 1 opmerking sover

Leona

Ai, en ek het ook al vir "donker Afrika" af geskryf! Dankie Here dat U niemand sommer net 'afskryf' nie - anders was ek dalk ook 'af geskryf" Ons doen by die kerk 'n bybelstudie oor die boek Mattheus - en hoeveel keer het ek nou al gelees "I have compassion on these people" en "I desire mercy, not sacrifice" Dankie aan die gehoorsames soos Brad wat 'doers of the word' is.
Uitgesit op Do., Feb. 18ste 2010, 18:26
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na