Dit is nog donker buite, reën het saggies geval laasnag. Ek luister na my man se simfonie, volgens hom snork hy nooit nie, hy maak musiek. En ek stem saam, musiek dat hy lewe, rustig slaap. Ek glimlag. Hoe wonderlik is die lewe nie! Die lewe onder my hart het my al vroeg wakker gemaak, ek ...
Ek is 42 en vyf maande swanger. My kop is elke dag vol vrae, vir myself en oor myself. Ek het tot op 'n punt gekom waar ek voel daar is net te veel vrae en ek het besluit om ophou te vra. Wat ek ookal vra, sal ek in elk geval nie nou voor antwoorde he nie, net as die situasie daar is sal ek ...
Rondom die jaar 1500 is daar begin met die massa vervaardiging en verspreiding van 'n nuwe uitvindsel: die spieël.
Nog 'n paar honderd jaar later, die kamera en foto's.
Van toe af, het mense 'n duidelike beeld van hoe hulle voorkoms. Hulle weet hoe hulle lyk.
Deesdae, in ons samelewing propvol ...
Ek het nog altyd 'n probleem gehad as mense vir my se hulle weet hoe ek voel of hoe my ma moes gevoel het? Hoe kan jy werklik weet hoe 'n ander voel onder enige omstandigheid? Jy kan nie, al was jy self daar. Ons elkeen hanteer pyn, hartseer, ons emosies, gebeurtenisse en ervarings op 'n ...
Ek doen inkopies, my lysie is lank. Gelukkig het ek geëet voor ek winkel toe gekom het anders het ek by die bakkery begin. Die Vat & Betaal winkel het juis sulke soete verleidings wat jou roep van agter 'n glastoonbank. Ek is by die blikkieskos-rakke. Ek soek appelkooskonfyt, wil vanaand ...
Saterdagmiddag ry ons Imizamu Yethu toe (plakkerskamp in Houtbaai) om vir Prince af te laai. Hy is 'n Malawiër wat Saterdae vir ons bietjie in die huis en tuin uithelp. Maandae-aande woon hy 'n Bybelskool in Vishoek by - dit is sy droom om as predikant te kan teruggaan na Malawi toe.
Hy sit met ...
Hoekom my ma aan depressie gely het sal ek nooit weet nie, en ek is oukei daarmee. Ek kan nou en vandag niks daaraan doen nie. Ek kan net aan haar dink met liefdevolle herinneringe al was die herinneringe nie altyd goed nie. Sy was my ma en ek was lief vir haar net soos sy is! Ek weet ek ...
Dertig jaar gelede was depressie ongeken en ja, ongehoord. Daar was nie boeke oor die siekte beskikbaar nie, vra maar vir my. Ek het weggekruip in die biblioteek en aangesien daar boeke was met mooi stories, aangesien dit so lekker daar was, moes daar mos ook boekmedikasie wees vir my ma ? ...
'n Paar weke gelede doen ek 'n kursus in paragliding. Of valskermsweef soos dit op Afrikaans genoem word. Hoekom? Wel, ek was met vakansie, dit was in die Switserse Alpe en ek het gedink dis iets opwindends om saam met 'n vriend te doen . . . Probleem is dat ek bang is vir hoogtes, en eintlik ...
Neem 'n 10-30 minuut wandeling elke dag. En terwyl jy stap - glimlag! Dis die beste anti-depressant.
Sit in stilte vir ten minste 10 minute elke dag. Praat met God oor wat aangaan in jou lewe. Koop 'n slot as jy moet.
Wanneer jy wakkerword in die oggend, voltooi die volgende stelling: "My doel ...
Vorige 1 |
2 |
3 |
4 |
5 |
6 |
7 |
8 |
9 Volgende