Jul. 19de
Kommentaar

Eenvoud Onbeperk

Miskien ken jy die gejaagdheid wat ek soms ervaar wanneer verkeer op die N1 kilometers ver staan, jou selfoon met 'n waarskuwing piep oor die alarm wat tuis afgaan en twee hondhonger tieners regop sit en wag vir 'n agtgangmaal. Dalk verlang jy dan ook intens na die eenvoud van 'n dag sonder ...
lees meer
Jul. 14de, 13:09
Kommentaar

Gestroop van Eden, oppad na die woestyn

Ek en Adriaan is Dubai toe vir 'n verkenningsreis. Ons wou die skole gaan besoek, die residensiële areas sien en onsself net orienteer voordat ons die skuif moet maak in Augustus. Dubai is 'n wêreldstad, 'n moderne glas en staal wurm met flitsende ligte vir bene en BAIE ligte vir voelers,.  ...
lees meer
Jul. 12de, 09:06
Kommentaar

Om ou prente af te haal

Vroegoggend, dit is snerpend koud by die see.  My man het nou net die pad gevat Swellendam toe, hy bou 'n pad daar.  Ek sit en skryf, bril op die neus, beanie op die kop.  Kyk TV so met die een oog, lekker om net 'n geluid te hoor in die huis.    'n Vrou is besig om 'n prent van 'n muur te ...
lees meer
Jul. 12de, 09:04
Kommentaar

Brood van die engele

Bloemfontein in die winter  laat my altyd dink aan 'n landskap waaruit die kleure grond-in gebloei het: 'n liggeel landskap vol grys knoetserige bome onder 'n broosblou hemel. Dis veral aangrypend omdat ek uit die Kaapse Groen Seisoen daar aankom en roer my hart altyd só dat ek met nuwe oë na ...
lees meer
Jul. 12de, 08:56
Kommentaar

Oorlaai jy Jou Verstand ?

Ek glo om  elke dag 'n uur of so opsy sit vir my  "mental health".  Dit te versorg  net soos ek na my toe neus of seer griep lyf sal kyk en nog meer.  (Ek het gewoonlik net aanhou werk as ek griep gehad het, net gesê, sissies gaan lê.  Nie meer nie, ek het nou verstand gekry.) Ek gebruik tog my ...
lees meer
Jul. 6de
Kommentaar

Bitterheid is net dit - BITTER !

Gordonsbaai beleef 'n windstil dag, 'n wonderwerk, want die Suidoos speel gewoonlik een keer 'n dag  om die huis se hoeke.     Ons,  Ma, Paddy, ek en die vierbeen kinders sit op die dek.  'n Gesellige vuurtjie knetter, die Sondagkoerante lê versprei oor die tafel, later klaar gelees gesels ons. ...
lees meer
Jul. 5de, 09:26
Kommentaar

Handevat gees

Dit is 5.38, Saterdag middag, Duitsland het so pas vir die derde keer 'n doel aangeteken.  Skoonma is in vervoering, "Arme Maradona".  Sy is 75 jaar oud, volg elke wedstryd. Sy ken van Vuvuzela blaas.  Ek hoor die gesels, ek self het nie veel erg aan sokker nie.  Ek werk aan my boek, uit my ...
lees meer
Jun. 29de, 08:59
Kommentaar

Is jou hartstafeltjie oorlaai ?

My man is nou net werk toe, die dag het begin.  Ek skryf gewoonlik vroeg soggens, my gedagtes nog vars van die nag se wakker lê met klein Rory wat sy ma se binneste herrangskik.     Ek begin die dag met Milo, bietjie krag vir die moegheid van swangerskap.  Ek loop kamer toe, warm emmertjie ...
lees meer
Jun. 28ste, 09:00
Kommentaar

Om te gee

Dit is Vrydag, ek en 'n liewe jong dame loop in Vat & Betaal, ek is lus vir iets lekker om te maak. Pizza! Ek maak dit van meel uit die pakkie af, van scratch.  Ek geniet die knieëry terdee en nog meer as mense vir 'n derde en vierde snytjie vra.  Daar is als in my mandjie vir 'n lekker pizza. ...
lees meer
Jun. 23de, 09:41
Kommentaar

Vol vertroue of vol vrees?

Albert Einstein het aan die einde van sy lewe gesê: "Nou sien ek dat die enigste vraag is, 'is die universum vriendelik?'...ek het begin om die fisiese betekenis daarvan te ontdek, maar die vraag wat by my spook is, 'is dit vriendelik'" Is die natuur aan my kant, of is dit teen my? Is die ...
lees meer
Vorige   1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9   Volgende
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na