Die Huwelik

'n Nuwe begin

deur Dawid Yzelle Deel met ander Kommentaar (1)
 
0/5.0

“Marriage is the mother of the world. It preserves kingdoms, and fills cities and churches, and heaven itself,” het Jeremy Taylor, Engelse kerkman en skrywer in die sewentiende eeu gesê.

Vroeg in Februarie trou my vriend Pierre in ‘n lowergroen tuin in Muldersdrift. Ek is daar om hierdie nuwe begin saam met hom en sy bruid, Carla, te vier. Vir die bruidspaar is dit ‘n groot dag, vir my ‘n groot voorreg. Want, weet ek, wanneer die sjampanjebottels lank reeds leeg is, die toesprake verby is en die gaste huiswaarts gekeer het, sal hierdie huwelik wees wat God dit bedoel het om te wees – heilig.


En, besef ek net weer, wanneer twee mense die keuse maak om ‘n pad saam te begin stap en dít in afhanklikheid van God, bring dit hoop, nie net vir hulle nie, maar ook die mense met wie hulle elke dag in aanraking kom. Want wat is elke nuwe begin anders as hoop – hoop op iets goeds, heiligs, ewig.

Kommentaar - 1 opmerking sover

online

wat ik zocht, bedankt
Uitgesit op Di., Mar. 30ste 2010, 23:39
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na