Geloof, hoop en liefde

Hoekom is liefde die grootste?

deur Lindie Strydom Deel met ander Kommentaar (2)
 
0/5.0

In die lig van Valentynsdag, herkou ek hierdie week aan die skrifgedeelte “En nou geloof, hoop en liefde bly.  En die grootste hiervan is die liefde.”
Tot nou toe het ek geglo my gawe en roeping is die belangrikste deel van my bydrae tot die Koninkryk tot ek sien hoe Paulus die onderwerp van gawe en bydrae in 1 Korintiërs verpak.   Dis soos `n toebroodjie.
1.  Hy begin in Hoofstuk 12 met ‘n dik sny oor die verskillendes gawes tot voordeel van die gemeente, nie een is verhewe bo ‘n ander nie.
2.  Dan in die middel (waar die chicken mayo of bacon en eier sou wees) die hoofstuk oor geloof, hoop en liefde wat bly en dat liefde die grooste is.
3.  Die broodjie maak toe aan die bokant met nog ‘n hoofstuk (14) oor die plek en rol van gawes en hoe dit in die gemeente inpas.  

Deur dit so te bedien, is dit asof Paulus vir my wil sê, jou gawe, roeping en bydrae is smaakloos as dit nie gevul is met geloof, hoop en liefde nie.  Jy sal jou gawe-broodjie vir iemand gee om te eet en dit sal geen impak of effek op hulle hê nie.  Droë, boring brood sal geen na-smaak lewer nie.

Hoekom is liefde die belangrikste?  
My raaiskoot is dat geloof en hoop het te doen met JOU en die HERE!  Jy GLO.  Jy kry God se geskenk van HOOP.  Maar op `n dag besef jy dit kan nie by my stop nie!  Ek wil vir ander ook geloof en hoop gee.

Kan ek regtig vir mense Hoop gee?  
Nee.  
Jesus is hoop – hulle moet Hom self kies!   
Wat kan ek dan gee sodat hulle Hoop sal kies?  LIEFDE!  

Liefde is groter en belangriker, want deur dit te gee, gee ek vir ander ook die geleentheid om HOOP en GELOOF te kies!

Met bietjie liefde, tyd en moeite kan ek vir jou die Chef’s special gaan voorberei op so manier dat jy `n take-away ook sal bestel...

Kommentaar - 2 opmerkings

Sanmari

AMEN! WOW!!! Dankie! Dis baie inspiring! En soveel waarheid! Mag ons in LIEFDE gaan leef vandag en elke dag!
Uitgesit op Ma., Feb. 15de 2010, 11:52

Annelize

GREAT! Baie dankie vir hierdie inspireerende openbaring op die Woord. En die grootste hiervan is die LIEFDE...
Uitgesit op Vry., Feb. 19de 2010, 14:29
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na