Die ewige kwessie van gewig

Die lewe mis uit op jou

deur Lindie Strydom Deel met ander Kommentaar (3)
 
0/5.0

So 2 weke gelede blog ek die eerste keer vir Leef en kies spesifiek `n dubbelsinnige tema “Wil jy ook ‘weer’ maer word in 2010?”  Die inhoud van die blog was egter oor die oppervlakkigheid van ons nuwe jaarsvoornemens en my bekommernis oor 2 groepe mense:  die een te moeg en die ander te arm om oor iets te droom in 2010. 

4 Mense lewer kommentaar op die blog – elkeen met `n dieet tip wat werk!  
Ek dog eers ek het my punt nie goed genoeg geskryf nie, maar nee.  Die eintlike waarheid is, voorkoms is `n reuse issue vir ons vrouens.  Soveel so dat ons enigiets wat lyk na `n kortpad na maer word, opslurp vir soet koek.  En die media weet dit verkoop!  Ons naïwiteit word skaamteloos uitgebuit met voorblaaie soos “Die Nuwe 3 Dag Dieet” en “Verander jou Metabolisme vir altyd” (of “Wil jy ook ‘weer’ maer word in 2010”!) 

Die kansels is tjoepstil oor die onderwerp terwyl die helfte van alle vrouens hulle liggame geheel en al haat en die res nie weet wat om op `n Sondag aan te trek kerk toe nie!
In hierdie blog sal ek wel erken dat dit vir my ook `n issue is.  Dat hoe ek voel oor myself en my gewig my letterlik kan maak of breek vir die dag.  Na jare se stoei, het ek hier in my binneste 2 dinge vir myself uitgeklaar:  

  1. Doen iets daaraan!  Net die feit dat ek `n plan het, al is daar nog geen resultate nie, laat my beter voel.  Maak my losser van myself en meer beskikbaar vir die koninkryk.  As jou uiterlike jou soveel pla dat jy nie jou innerlike kan gebruik nie, is dit rede vir ondersoek en herstel!   
  2. Maar kyk ook na die balans tussen uiterlike en innerlike:  Die hoeveelheid aandag, kopspasie, tyd en moeite wat jy aan die buitekant spandeer:  hoe weeg dit op met die hoeveelheid tyd, moeite en planne vir die binnekant?  

Ek gun elkeen van ons om vry te kom van die las van voorkoms en om al die ander genadegawes wat ook vir ons geleen is, te geniet, en vir ander te bied...

Kommentaar - 3 opmerkings

Vivienne

Lindie, jy is reg - 'n mens moet eers lief raak vir jou eie binne-mens, voordat jy met selfversekering jou na buite toe kan uitleef. En stelsel matig hoe meer selfversekered jy raak, hoe meer voel mens vry. Ek het 'n dierbare vriendin wat altyd se, sy het nie 'n self-beeld nie, maar 'n Gods-beeld. En dit herhinner ons dat God ons uniek (onvergelykbaar kosbaar) gemaak het. Selfs net daai gedagtetjie sit 'n huppel in ' mens se stap!! Voorwaarts 2010 - na vroue met gesonde Gods-beelde!!
Uitgesit op Ma., Feb. 8ste 2010, 20:10

Helene

Hier binne my is ook 'n mooi maer vroutjie wat graag wil uitkom, maar ai tog, wat 'n gesukkel! Ons is so krities oor onsself en vergeet dat ons na God se Beeld geskape is.....ons is pragtig in sy oe.... Minder van myself en meer van HOM...
Uitgesit op Di., Feb. 9de 2010, 15:50

Ronel

EK STEM!!! Daarmee saam verwonder ek my daaraan dat ons, ten spyte van al die klem op individualiteit, heeltemal van ons unieke identiteit beroof word. Almal moet dieselfde lyk, aantrek, eet, dink, ens. Daar is altyd sekere "mode" idees waaraan ons verwag word om te voldoen. As jy nie aan hierdie verwagings voldoen nie, word jy eenkant toe geskuif. Die ergste is dat die een plek waar jy verwag om onvoorwaar- delik aanvaar te word (die kerk) jy juis in 'n boksie gedruk word. My motto vir 2010: DINK VIR JOUSELF EN LEER JOUSELF KEN.
Uitgesit op Son., Feb. 14de 2010, 14:37
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na