Lindie blog

Die lewe het `n manier om jou `n les te leer...

deur Lindie Strydom Deel met ander Kommentaar (2)
 
0/5.0

Die lewe het `n manier om jou `n les te leer... tot jy hom verstaan...

So sê `n vriend van ons altyd. Want sien, leer is meer as om `n klomp feite te memoriseer. Leer is dink. Na dink. Oordink. Selfs om anders te begin dink.

Leer is om te ondersoek en om die teorie te oefen en toe te pas. Dis om terselfdertyd en gelyktydig te leef en te leer: leef ‘n situasie – hetsy positief of negatief - en besluit doelbewus om iets daaruit te leer. Leer is ook `n gesindheid. Om leerbaar te wees, is vir my om nederigheid te wees. Jy is oop vir inspraak, kritiek en verbetering. Weer die slim Koos van der Merwe wat `n holrug geryde “moet nooit ophou leer nie” as “behou `n heilige ontevredenheid” verwoord. (Ja, ek is `n skaamtelose “fan” van Koos!)

Koos sê behou altyd `n gierigheid om verder, dieper, hoër en nader te gaan. Dis een ding om jou hart vir die Here te gee, maar `n ander “ball game” om meer en meer soos Hy te word. Die proses is nooit klaar nie. Moet nooit settle vir dis genoeg nie. Ek vat hierdie week `n stuk papier en skryf neer die “teorie” of waarheid of opdragte wat ek voel ek al gehoor het, maar nog nie begin doen het nie, m.a.w. dan nog nie geleer het of verstaan nie. Die lys is lank.

Ek wil amper nie nog iets hoor of lees voor ek nie begin doen dit wat ek wéét ek eintlik moet doen nie. Ek weet te veel en doen te min van wat ek weet ek moet doen.

Kommentaar - 2 opmerkings

Marietjie

Die lewe is besig om my 'n les te leer....... Die les? Here, ek het dom geword. My hand en brein het leweloos verstar. Ek weet net van teorië maar nie die leef van die teorie nie NS Ek weet te veel en doen te min van wat ek moet doen...Wat moet ek doen?
Uitgesit op Woe., Feb. 3de 2010, 22:49

ina

ek dink baie van ons kan getuig daarvan. ons het al soveel geleer en gehoor. maar die toepassings gedeelte dit is waar die tammeletjie kom. dit voel of ons lam is en vir jare langs die bad le en wag dat ons n opdrag kry om die water te mag ingaan. Dan kom die stem staan op neem jou bed op en loop(jy is gesond). Wat hou ons vir jare trug, ketting ons so sterk vas dat ons nie die potensiaal bereik wat ons weet ons as God se kinders kan bereik? Geloof soos die van n mosterdsaad. As ons elkeen daar kan begin en nie trug kyk nie.................. Wonderwerke!!!!!
Uitgesit op Vry., Feb. 12de 2010, 16:18
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na