Goedvoel

Die eenvoud van die liefde

Goedvoel Die eenvoud van die liefde Deur Lizette Murray | Foto Hanneri de Wet Die liefde woon tussen ons. Waar dit gekoester en versorg word, dáár gedy dit. Onlangs kry ek ’n kort video-insetsel van ’n tweejarige dogtertjie wat die eerste keer haar nuwe dagoud-babasussie sien. Dit ontroer my. Die ouer sussie – self nog pure rondegesiggie en plomp handjies – druk die baba se klein koppie styf teen haar wang. Dan begin die ontdekkingstog. Haar vingertjies streel oor haar [...]

Marta of Maria?

Goedvoel Marta of Maria? Deur Lizette Murray | Foto Hanneri de Wet Uit die lewens van hierdie twee Bybelvroue leer ons om in die chaotiese rondskarrel-oomblikke net eers by Jesus se voete stil te raak. En dat ons tussen doen en bid ons ons ware roeping as gelowiges kan vind. In elkeen van ons se herinneringe is daar ’n kombuis. En voor die stoof staan daar ’n ma of ouma of geliefde huishulp. ’n Dienende Marta. Sy knie brood, of [...]

Die bekoring van ’n boek

Goedvoel Die bekoring van ’n boek Deur Lizette Murray | Foto Hanneri de Wet Daar is min dinge so lekker as om tred met tyd tussen die rye boeke in ’n boekwinkel te verloor nie... Onlangs stap ek kort voor sluitingstyd by ’n boekwinkel in. Die laatmiddagsonnetjie laat die houtrakke gloei. Daar hang ’n wonderlike vredigheid oor alles. Dit voel asof ek van buite af inkyk op ’n stil-film wat teen ’n stadige tempo voor my afspeel. Hier en daar haal [...]

Om in God se ritme te leef

Goedvoel Om in God se ritme te leef Deur Lizette Murray | Foto Hanneri de Wet Stel jouself oop vir die lewe se onhoorbare, onsigbare ritmes. Dis ingebou in die skepping. Die ritme van dag en nag. Die patroon van ’n week, elke dag met sy unieke gevoel... Ek word wakker met die woorde en musiek van ’n ou gesang in my gedagtes: Here hoeveel blye dae vloei soos strome kalm en rein/ sonder kommer sonder klae, vol van vreugd’ [...]