Kuns van Lééf

Hallo, hekel

Kuns van Lééf Hallo, hekel! Deur Christine Ferreira | Foto’s Hanneri de Wet Anisa Fielding, Cornel Strydom en Elsbeth Eksteen se geesdrif en liefde vir hekel is aansteeklik en sal selfs die onhandigste noop om die hekelpenne nader te trek. Vir dié drie kreatiewe vriendinne en bloggers is hekel baie meer as net ’n stokperdjie, dis ’n passie. Soveel so dat hulle werk en patrone op ’n vrolike en kreatiewe manier in ’n nuwe boek, genaamd Hallo, [...]

Die brose oomblik

Kuns van Lééf Die brose oomblik Deur Schalk Schoombie | Foto’s Hanneri de Wet Johannesburgse skilder Ingrid Uys sien die lewe as sag, wasig en dromerig, met oomblikke waarin die fokus verskerp. Haar bloeisels, voëls in vlug en sterrestelsels beeld die karakter van die Skepper uit. Twee grys loeries jaag mekaar van tak tot tak in die bome voor die swart ysterhek. Dis ’n stil, statige straat in Risidale, ’n gevestigde deel van Johannesburg. “Al is ek nie ’n voëlkyker [...]

Huisie van hout

Kuns van Lééf Huisie van hout Teks en foto’s deur Christine Ferreira Dis veral met haar fyn potloodsketsies op blokkies geskuurde hout wat Thea van Staden van Parys stilletjies harte aanraak. Dis ’n vroegwintersoggend toe ek en ’n vriendin koers kies Parys toe om by kunstenaar, Thea van Staden (40), op haar plasie in die Lindequesdrif- omgewing te gaan kuier. Soos sy beduie het, draai ons af van die teerpad en ry met ’n grondpad [...]

Pa se kind

Kuns van Lééf Pa se kind Deur Lizette Murray Skilder en beeldhouer, Lionel Smit van die Strand, het met kuns in sy bloed groot geword en is deesdae ook buite ons eie landsgrense bekend vir sy méér-as-lewensgroot skilderye en beelde. In die middel van Lionel Smit (34) se ateljee hang ’n swaai. “’n Vorige kollega het dit eendag vir my as verrassing opgesit, om my daaraan te herinner om nooit oud te word nie. Op die houtsitplek van die [...]