Lyk stylvol, ongeag jou grootte. Vergeet van vormloos, beklemoon jou kurwes met gordels en 'n neklyn wat die illusie van lengte skep. 'n Byderwetse knielengte rokkie wys mooi bene en laat jou slanker lyk. Flous die oog met 'n lang serp of groot krale, soos aktrise Jana Nortier hier wys. Foto's: Nadette Clare-Talbot.
Vir die eerste keer in 37 jaar is dit nou Carike Keuzenkamp en die leë nes. Hierdie Kersfees sê sy opnuut dankie vir seëninge in haar lewe wat die toets van die tyd deurstaan. En met Ghoempie en haar kleinkinders wat haar jonk hou, bly sy immergroen.
Elke mense het 'n droomplek nodig waar kreatiewe idees kan ontpop, glo Soné Jacobs van Rhubarb Room, haar geskenk-cum-koffiewinkel in die Kaapse middestad.
Die kleur van klip, die bas van 'n bloekom, die geelgoud van amber... Voel koel en gemaklik in verskillende stowwe soos sy en linne wat laag op laag oor die lyf val. Lyk natuurlik moo met blinkgladde hare en 'n perfekte onderlaag wat jou vel laat gloei. Maar vaal kleure kan jou maklik uitgewas laat lyk. Soek na 'n skakering wat jou unieke gelaatskleur komplimenteer. En oorgewig? Pasop vir oorgroot kledingstukke en wyepypbroeke. Dra eerder iets wat jou figuur vorm gee. Lang of bonkige sringe krale trek die aandag af van figuurfoutjies.