Makeover en grimeerwenke met Bobbi Brown

Metamorfose

deur Christine Ferreira Deel met ander Kommentaar (1)
 
0/5.0

Volg dié basiese riglyne vir 'n vars grimeervoorkoms:

  • Geruik altyd 'n verbloemroom soos die Bobbi Bown Corrector en Concealer Kit waarby 'n poeier met 'n geel ondertoon ingesluit is. Dit help om donker kringe weg te steek en die oë te verhelder.
  • Maak seker jou onderlaag pas perfek by jou veltoon. Wend met 'n onderlaagborsel aan vir 'n natuurlike afwerking.
  • Steek vlekkies weg met die Bobbi Brown Face Touch Up Stick.
  • Borsel los poeier met 'n groot kwas oor die gesig sodat jou onderlaag langer hou.
  • Blosser gee lewe aan die vel. Glimlag, en borsel dan 'n sagte pienk blosser oor die appel van die wang vir 'n helder gelaat.
  • Kies 'n lipkleur wat by jou vel se ondertoon pas. Moenie koel en warm kleure op die gesig meng nie. Lipomlyner word laaste aangewend om die lippe te beklemtoon en te help dat lipstiffie langer aanbly.
  • Oogskadu gee vorm aan die oog. Borsel 'n ligte kleur onder die wenkbrou en teenaan die wimpers. Gebruik dan 'n donkerder skakering in die vou van die oog.
  • Oogomlyner word op die boonste lid aangewend om die oë te verhelder en te beklemtoon. Kies die Bobbi Brown Long-Wear Gel Eyeliner vir 'n elegante voorkoms.
  • Onversorgde wenkbroue doen afbreuk aan jou voorkoms. Vorm jou wenkbroue en kleur dit subtiel in.
  • Maskara laat die wimpers digter en langer vertoon en beklemtoon die oë.

Galery

Leatitia se gesig is ingekleur met Corrector in Light Bisque, Warm Beige Concealer Kit, Eyeshadow in Mahogany, Bone, Baby Pink en Slate. Gel Liner in Black Ink en maskara in Black Everything. Peony Blush op die appel van die wang en lippe in Raisin Lip Co
Top van Country Road by Woolworths, bolero van Truworths, oorbelle van Woolworths
Carika van Jaarsveld van Benoni
Carike se gesig is ingekleur met: Corrector in Bixque, Concealer Kit in Warm Beige, Stick Foundation in Warm Beige, Loose Powder in Pale Yellow, Eyeshadow in Mink, Ivory en Hot Stone, Gel Eyeliner in Black Ink en Everything Black Mascara. Wange: Pale Pink
Hemp van Daniel Hechter by Truworths, onderbaadjie van Truworths, Romp van Foschini, belt van Jo Borkett en polkadot-rosies stilis se eie
Anicke Steyn
Anicke se gesig: Corrector in Light Bisque en Concealer Kit in Warm Ivory, Foundation Stick in Warm Sand, Loose Powder in Pale Yellow, Light Bronzing Powder. Oë: Eyeshadow in Grey, Ivory, Hot Stone Eyeshadow, Gel Linder in Black, Everything Black Mascara.
Rok van Jo Borkett, gordel van Foschini, skoene van Pringle, juwele van HDL Juweliers
Janet Ehlers
Janet se gesig: Concealer in Bisque, Concealer Kit in Warm Beige, Foundation Stick in Warm Beige, Loose Powder in Pale Yellow, Pink Shimmer Brick. Oë: Clear Natural Brow Shaper, Blonde Eyeshadow, Eyeshadow in Bone, Naked Eyeshadow, Gel Liner in Black Ink,
Rok van Truworths, gordel van Jo Borkett, nekstuk van HDL Juweliers.
Leatitia Cilliers van Garsfontein, Pretoria

Kommentaar - 1 opmerking sover

Esme

Wanneer mens na hierdie fotos kyk kan jy byna nie glo dit is dieselfde mense nie, veral nie dame met die ligte hare, sy lyk maklik 20 jaar jonger Welgedaan!!!
Uitgesit op Di., Mar. 16de 2010, 14:09
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na