Braam Klopper

Wanneer woorde ontbreek

Deel met ander Kommentaar (5)
 
0/5.0

deur Braam Klopper
Lux Verbi, R129.95, bestel aanlyn by Kalahari.

Het dit al met jou gebeur dat iemand vir wie jy omgee, 'n geliefde aan die dood afgestaan het? Jou eerste gedagte was: "Ek wil met hulle kontak maak." Was jou tweede gedagte dalk: "Maar ek sal nie weet wat om vir hulle te sê nie?"

As jy so voel, is hierdie boek vir jou. Om nie te weet wat om vir iemand te sê na die dood van 'n geliefde nie, mag net die heel beste beginpunt wees om te kan help. Selfs om nie 'n enkele woord te sê nie, kan meer vertroostend wees as om verklarings en antwoorde te gee wat bedroefdesmeer verwar as wat dit hulle troos.

Daar is 'n CD ingesluit met verdere toeligting deur die skrywer.

Kommentaar - 5 opmerkings

ccato

Uit persoonlike ondervinding met die afsterwe van my dierbare moeder verlede jaar Maart het ek gevind dat die 'vriendinne' stilbly en ek sou so graag wou he hulle moet my pyn begryp, my net n drukkie gee en my toelaat om my hartseer/pyn te deel maar nee, hulle het verkies om die situasie net te ignoreer en tot vandag toe krimp ek ineen en dink so by myself, het my ma dan so min beteken vir hulle? Ek het nie blomme en kaartjies verwag nie!
Uitgesit op Do., Jan. 21stee 2010, 21:35

Ellie

Soms is net 'n drukkie genoeg.... Net dat jy daar is vir julle en deel in die verlies beteken soms meer as woorde...
Uitgesit op Vry., Feb. 19de 2010, 07:22

Mel

Friends are the pillars on your porch, sometimes they hold you up, sometimes the lean on you, and sometimes it's just enough to know that they are standing by. Author Unknown
Uitgesit op Do., Mar. 4de 2010, 16:01

Ricky

Ek het dieselfde ervaring gehad dat sommige van my vriendinne my begin vermy het juis omdat hulle nie geweet het wat om te se nie!! Hulle het ongemaklik gevoel om hul gevoel te wys en was moontlik bang dat hulle nie sou weet hoe om my trane te hanteer nie!! Hoe ongelooflik maklik hanteer kinders dit nie... Op daardie stadium het ek skool gehou en my klasse het geweet dat my ma gesterf het. Seunskinders van wie ek dit die minste verwag het, het blomme gebring.. sommer die die oggend uit ma se tuin gepluk en met nat koerantpaier was gevuis om die stammetjie, om te keer dat die blommetjies verlep.. handgeskrewe briefies vol spelfoute... net om vir Juffrou te se hulle is jammer oor 'n ou tannie se afsterwe wat hulle nie ken nie...maar hulle ken hulle Juffrou wat nou nie meer lag nie. Hoe ongelooflik baie het dit vir my beteken... langbeen seuns met sproete en draadjies op die tande wat hulle Juffrou se pyn kon sien en dit wou wegvat! Sonder woorde het hulle soms net daar gestaan en soms wou hulle net daar by my in my klas tydens pouses sit. Selfs van hulle kosbare toebroodjies aangebied... broodjies wat hulle onder die bank skelm skelm voor pouse al verslint het 'n paar maande tevore is nou "gespaar" en vir Juffrou as offer aangebied... Dit sal ek vir ewig en altyd onthou! Dierbare kinders!!
Uitgesit op Ma., Jun. 21stee 2010, 20:46

ousa

Dis vandag presies 2 jaar wat my seuntjie op 9 maande afgesterf het, niks kon my voorberei op daardie gevoel wat mens kry wanneer jy besef die persoon is nie meer daar nie. Ek wou nie mense se woorde hoor van dit sal beter word en God weet hoekom Hy dit gedoen het nie, daar is 'n doel hoekom hy moes sterf. Ek wou dit nie hoor nie, ek wou in 'n hoekie gaan sit en skree, huil, gil en vergaan/doodgaan. My ma is nou al 9 jaar afgesterf, my ouma laas jaar en my skoonpa laas week, maar ek weet nog steeds nie hoe om ander te bemoedig wat 'n geliefde aan die dood afstaan nie. die dood maak seer, elke keer! elke keer staan ek met 'n mond vol tande en weet nie hoe om te vertroos nie. Ek bid maar net vir my ooms en tannies, my suster, my skoonmense, my man en myself en dat God ons vertrooster sal wees!
Uitgesit op Woe., Jul. 7de 2010, 15:11
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na