Mosaïek Expo

Dit is weer tyd vir die Mosaïek Expo en Lééf is soos oudergewoonte daar!

Kom maak ‘n draai by ons stalletjie waar joernale, fotoborde, vlaggies, gehekelde vatlappies, handgedrukte servette, tafeldoeke, serpe, houtkrale, mosaïekwerk, geskenkkaartjies, boeke, breekware en allerlei mooigoed in eg Lééf-styl te koop gaan wees.

Sien jou daar!