Lesersoggend 2018-07-31T21:42:31+00:00

Kom kuier saam

Geniet ’n inspirerende lesersoggend saam met Hannelie Groenewald, Jacqueline Leuvennink en Christine Ferreira, redakteur van Lééf. Dié spesiale oggend word in samewerking met Geopende Deure en Lux Verbi aangebied.

Christine Ferreira

Hannelie Groenewald

Jacqueline Leuvennink

In 2014 het Hannelie Groenewald, ’n mediese dokter van Hartbeespoort, haar gesin in ’n terreuraanval in Kaboel verloor. In haar boek Terreur in Kaboel vertel Hannelie oor dié verlies en deel sy haar haar hart en die eerste treë na genesing. Kom luister na Hannelie se inspirerende en roerende getuienis.

Lééf-skrywer Jacqueline Leuvennik gaan ook dié oggend met ons gesels oor haar persoonlike belewenis tydens die skryf van die boek Die vervolgdes. Dié boek is vol vertellinge oor die vervolging (en hoop) van Christene wêreldwyd.

Christine Ferreira, redakteur van Lééf, is die gasvrou vir hierdie spesiale geleentheid. Tee en verversings sal voorgesit word en elke gas sal ook ’n geskenkpak met die komplimente van Lux Verbi ontvang.

Datum Saterdag 8 September 2018, 09:30 vir 10:00
Plek: NG gemeente Randburg, hoek van Dover- en Vinelaan, Ferndale, Randburg.
Koste: R120, sluit ’n oggendtee en geskenkpak van Lux Verbi in.
Bespreek: Koop jou kaartjie aanlyn by www.opendoors.org.za/inspirasie
Opskud, plek is beperk!