Lesersoggend met Marzanne 2018-03-29T19:18:05+00:00

Kom kuier saam met Marzanne!

Geniet ‘n lesersoggend saam met die skrywer Marzanne Leroux-Van der Boon en Lééf-redakteur, Christine Ferreira.

Min skrywers kan die leser so meevoer na die land van die Bybel soos Marzanne Le Roux-Van der Boon. Ons nooi jou na ‘n spesiale lesersoggend waar Christine Ferreira met Marzanne gaan gesels oor Zechut Avod “Ter wille van die Vaders”, die tiende en jongste boek in die gewilde Israel-reeks uit haar pen. Die oggend word aangebied in samewerking met Lux Verbi.

Zechut Avod “Ter wille van die Vaders” sal tydens die geleentheid te koop wees en persoonlik deur Marzanne onderteken word. Eke gas sal ook ‘n geskenkpakkie met die komplimente van Lux Verbi ontvang.

Datum: Saterdag, 21 April 2018, 09:30 vir 10:00
Plek: Tygervallei-konferensielokaal by die Tygervallei-winkelsentrum, hoek van Bill Bezuidenhout en Willie van Schoor Rylaan, Bellville, Kaapstad.
Koste: R80, sluit ‘n oggendtee met tipiese Israelse verversings in.

Bespreek: Kaartjies kan aanlyn bespreek word by www.tixsa.co.za. Skakel andersins vir Clare Williams by 021 – 406 3477 of stuur e-pos na Claire.Williams@nb.co.za

Sien jou daar!