Israeltoer 2017-09-15T11:27:24+00:00

Toer saam na Israel!

Kom beleef die Heilige Land van 5 tot 15 Maart 2018 saam met Lééf.

Nog altyd daarvan gedroom om ‘n egte Shabbat-viering in Jerusalem te beleef, op die See van Galilea te vaar of in die Jordaan gedoop te word?

Dan is ons gewilde 11 dae lange hartsreis deur Israel vir jou! Kom kry ‘n intieme binnekykie in die Joodse leefwêreld onder leiding van Christine Ferreira, en haar man Johan, saam met Marzanne LeRoux-Van Der Boon, bekroonde skrywer van onder meer Granate bloei in Jerusalem. Ons stap in die spore van Marc en Rivkah, die hoof-karakters uit Marzanne se romanreeks oor dié land, en hoor die storie agter hulle storie…

Hoogtepunte van die toer!

*Vier saam met ons Shabbat in Jerusalem. * Beleef Nasaret, onder meer Nazareth Village. *Besoek die Berg van Saligsprekinge, waar die Bergpredikasie (Matteus 5-7) gelewer is. *By Yardinite, die tradisionele doopplek in die Jordaanrivier aan die suidpunt van die See van Galilea, kan jy jou laat doop of herdoop. *In Bethelehem besoek ons die Kerk van die Herdersvelde. *Besoek die Olyfberg met sy pragtige uitsig oor Jerusalem.*Vertoef in die Tuin van Getsemane.* Besoek die boverterk van die Laaste Avondmaal. * Reis na Berg Tabor, plek van die verheerliking van Jesus. *Verken Jerusalem en die Ou Stad, waar ons onder meer die Klaagmuur besoek. *Volg die Via Dolorosa (die Lydensweg) na Golgota en vertoef by die kapel waar die Kruisiging plaasgevind het. * Hou Nagmaal by die Tuingraf. * Besoek die Nuwe Stad. * Stop by die Qumran-grotte waar die Dooie See-boekrolle ontdek is. Besoek die imposante berg Masada. * Dryf in die Dooie See.

Die toer, deur Plegrimstoere, kos R34 990. Die prys is bereken teen R13,65 vir $1. Betaal jou nie-terugbetaalbare deposito teen 31 Oktober 2017 om jou plek op die toer te verseker.

Die toerprys sluit in twee etes per dag (ontbyt en aandete) buiten op dag 1 en dag 11, alle besienswaardighede soos op die program, vervoer van die lughawe na die hotel en terug, lugverkoelde busvervoer, retoervliegkaartjies met El Al-lugdiens tussen Johannesburg en Tel Aviv, die diens van ‘n Engelsprekende Christen-gids, verblyf, lughawebelasting en brandstofheffing, fooitjies en reisversekering vir persone jonger as 69. Uitgesluit: telefoonoproepe, wasgoeddiens, drankies en inhoud van yskas in kamers, asook binnelandse vlugte na en van Johannesburg. Vir die volledige program en voorwaardes, skakel 011 475 7900 of stuur ‘n epos aan yvette@pilgrimagetours.co.za.