“We will praise HIM in the storm”

deur Hanna van der Merwe Deel met ander Kommentaar
 
0/5.0

Vandag wil ek my Here loof en prys vir 2008, ‘n stormjaar ! My man en oupa van ons 7 klein-kinders is op 16 April 2008 gediagnoseer met kanker in sy 3de fase Nie net was ons as ‘n gesin platgeslaan van skok nie, maar ons het almal geleer om weer die knieë te buig voor die troon van Genade ! Die ses maande van chemo en bestraling was nie maklik nie, ‘n man wat nooit kon stilsit nie, wat altyd ‘n werkie vir sy hande soek, het nou tydig en ontydig uitgeput onder die komberse ingekruip Maar ons het die aangesig van God gesoek en ons vrese in Sy vaderhart uitgestort My kleindogter sê met ogies vol trane “ ouma ons bid dat oupa gesond sal word ” en ek sê “ dis reg my kind, ons mag bid vir genesing maar bowenal moet ons bid vir God se perfekte wil in oupa se lewe, want ek glo as dit deel is van God se plan vir oupa, SAL daar volkome genesing wees !” Watter wonderlike jaar, ons het as gesin geestelik gegroei en mekaar op ‘n vlak ontmoet waar ons nog nooit voorheen saam was nie, hoe groot is ons God, dat Hy ‘n Stormjaar van pyn en onsekerheid kan omkeer in ‘n Jubeljaar van blydskap in Hom “ We will praise HIM in the storm ”

Kommentaar - Geen kommentaar sover

Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na