wanneer jy vir jou vriende bid...

deur sanet Deel met ander Kommentaar (1)
 
1/5.0

Ek het op hierdie pragtige perel in Job 42 : 10 afgekom: "En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het." Die vraag is net: wie is ons vriende? Vir wie moet jy bid? Is Christene veronderstel om vyande te he? Ek glo nie ons moet vyande he nie, maar ons leef in hierdie wereld, so dit is bietjie onmoontlik. Jy gaan met mense soms verskil oor godsdiens, politiek of sommer oor alledaagse doen van dinge. Ek glo Jesus het vir ons die voorbeeld gestel toe Hy aan die kruis verneder is. Hy is gespoeg en geslaan en moes skuld dra toe Hy eintlik onskuldig was! Het Hy hulle gaan verkla by God die Vader? Nee, Hy het vir hulle gebid: "Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie." Net soos Job ook vir sy vriende gebid het. Ek lees glad nie daar dat hy hulle gaan verkla het nie. Daar staan spesifiek hy het vir hulle gebid. En ek kan vandag in my eie gebrokenheid voor God kniel en vra: "Here, seen my vriende." Job 42:12 "En die Here het die einde van Job meer geseen as sy begin.."

Kommentaar - 1 opmerking sover

susan

Stof tot nadenke... Ek dink die wereld is vol vriende, maar ook vol vyande. Ons moet nie net vir ons vriende bid nie, maar ook vir ons vyand. Is ons vyand nie ook ons naaste nie? Die tweede gebod se dat ons ons naaste moet liefhe soos ons onself liefhet.. Dit is tog duidelik dat ons dan ook vir die vyand moet bid, sodat hulle hul wee moet verander en hul harte versag. Ons kan hulle nie net wil veroordeel nie, want ons is ook sondaars, miskien nie moordenaars nie, maar wat is nou erger moordenaar of sondaar.? Met gebed en geloof kan ons berge laat verskuif, waarom dan nie ook bid dat ons vyand sy wee verander en sy hart versag nie. Ons Christene glo nie meer daarin dat God ons kan help om ons vyand te verslaan nie, sodat hulle ons vriende word nie. Daarom dat " Christene " hul eie reg in eie hande wil neem. Vandaar dat daar haat ontstaan tussen verskillende kulture i.p.v mense na God te lei en vir hulle te bid. Wat het van ons Christene geword - ons claim ons is Christene maar ons wil geweld met geweld vergeld. As die vyand vir 'n Christen se hy gaan jou en jou gesin uitmoor, wat gaan jy doen.? Bid, vlug of vergeld? God se glo in my, vertrou op my met jou hele hart, verstand en siel. Ek sal dat jou niks oorkom nie. Glo jy dit, jy wat se jy is 'n Christen?
Uitgesit op Di., Mar. 16de 2010, 00:01
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na