Toewyding
Toewyding - Hos6:1-3 Jesus het dikwels na stil plekke gegaan sodat Hy met Sy hemelse Vader kon praat (Luk 5:6 - Maar Christus het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid) As Jesus dit geodgedink het om Hom van tyd tot tyd af te sonder, hoeveel te meer behoort ons dit nie ook te doen nie -Gordon Macdonald Maar hoe? Nader tot God en Hy sal tot julle nader - Jak 4:8 SOEK God se teenwoordigheid (Mark 1:35-17) Toewyding impliseer: * maak TYD vir God * Doen alles wat jy doen soos vir die Here] * Wees ELKE oomblik van elke dag intens bewus van God se TEENWOORDIGHEID * Hou jou ore ten alle tye en situasies oop / INGESTEL op die Heilige Gees! -Nina Smit Christus het vanoggend weer met my 'gepraat' oor TOEWYDING... Daar is soveel dinge wat mens 'te besig' hou....man en kinders, werk, buitemuurse aktiwiteite en stokperdjies, vriende en so gaan die lysie aan...die moderne vrou is so besig dat TOEWYDING baie-keer 'n afgeskeepte of geen tyd kry in die vol program nie...... ek het 'n baie sterk geloof en is baie lief vir gebed, maar moet tot my skaamte erken dat ek hierdie (TOEWYDING) baie belangrike komponent van my vehouding met Christus afgeskeep het. Toewyding is nie net 'n vinnige bybelversie en gebed on-the-go nie...Dit is 2-rigting....dit is stilraak voor God, LUISTER/VOEL/SOEK wat Hy vandag vir my te se het....en gaan LEEF dit dan!! Ek het vanoggend net weer besluit om te fokus op TOEWYDING...aan Christus!!! Hoop hierdie inspireer dalk iemand wat ook maar net in die godsdiens-hou ritueel verval het. Ek hoop ons kan Christus werklik DEEL maak van ons AANBIDDING/BYBELSTUDIE ervaring!!! Want SLEGS dan sal ons Geestelik groei! Here Jesus, ek dra vanoggend myself en enige ander persoon wat hier lees en ook graag nader aan U wil leef aan U op. Ek is baie jammer dat ek hierdie belangrike deel van my verhouding met U, TOEWYDING die afgelope tyd so afgeskeep het. Jesus, ek begeer met my hele hart om nie maar net godsdiens te hou nie...maar U self elke dag te ontmoet, regtig met U te 'connect' in my stiltetye en gedurende die dag elke oomblik op U teenwoordigheid ingestel te wees! Heilige Gees lei my asb sodat ek U stem kan herken deur U Woord, vriende situasies! Seen asseblief elke tyd saam met U. Gee my asb disipline vir TOEWYDING aan U. In U woord se U (Jak 4:8) Nader tot U en U sal tot ons nader. Nader ASB vandag en elke keer dat ek u aangesig soek in gebed stiltetyd bybelstudie en toewyding aan my. Baie dankie dat ek dit van U kan bid Amen







Kommentaar - Geen kommentaar sover