Ps.112
Ek wil graag met jul deel wat ek vanoggend uit my stiltetyd van Christus 'gekry' het! Lees Ps.112. 1. Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien wat al sy vreude vind in die gebooie van die HEre 2 Sy nageslag is 'n sterk krag in die land die nageslag van die opregte word geseen 3.daar is oorvloed en rykdom in sy huis Wat hy doen is reg en blywend... As mens dan die res van die verse in Ps112 bestudeer, gee dit riglyne oor hoe die Here gedien, vreugde uit Sy gebooie gevind en jy opreg kan leef. Ek som dit puntsgewys op: 1. DIEN God 2. Vind VREUGDE in Hom, 3. Laat SKYN jou liggie 4. ONTFERM jou oor ANDER 5. Tree REG op in SAKE 6. Moenie BANG wees/leef 7. GEE vir ARMES Here wys my hoe om U vandag te DIEN, Helige Gees vul my hart en lewe met VREUGDE sodat my liggie kan SKYN voor ander. Gee my compassion sodat ek my opreg oor ander kan ONTFERM en vir armes kan GEE. Help my om REG op te tree in my verhoudings, by die werk en in elke aspek van my lewe. Help my om nie te bekommer of bang te wees oor goed nie, want U beheer als! Here ek bid dit als sodat U my nageslag sal seen, dat ons genoeg in die huis sal he en dat alles wat ek aanpak en doen reg en blywend voor U sal wees! Amen







Kommentaar - Geen kommentaar sover