DIE SLEUTEL Op hierdie oomblik, hier waar ek vandag sit, het God my, met Sy krag, leiding en bystand na Hom gelei. Ek is geestelik so verryk, dat ek met liefde en dankbaarheid, Sy plan vir my en...
...dis so hartseer om te groet, veral as jy so gelukkig was....alles nuwe; bekend vreemde' dinge wat op jou wag....vrae wat deur jou kop maal....sal die kinders aanpas...gaan alles reg uitwerk? ...
Ek is tot alles, tot alles in staat ....maal die koorgedeelte deur my warboel, stormende gedagtes. Yea, right.... meer soos Oom Sagaria sê: Slegs deur krag en geweld....of is dit nou...
as stukke seer
uit
seker-toe-se-dae
oor my
laslaphart se mure
loer
en drenkeling-denke
doelloos
deur die doolhofgange
van my gedagtes
dwaal
is u
my toevlug
my troos
my tuiste
here
ons hier
is lank reeds
skimmel-skulpe
wat frommel-flenters
op verlaat-verlore
strande lê
en in
golwe van ongeloof
afgebreek word
tot
“na-stof-sal-jy-terugkeer”
in hierdie dae
waar spikkels sorgvryheid
op strande sonbrand
is my hart
'n sonwit seemeeu
wat sy vlerke
eensaam sprei
voor u
o god
in hierdie dae
waar bome bloei
in blaardruppels van
goud, roes...
Op drie-en-veertigjarige ouderdom het ek ’n ineenstorting gehad as gevolg van ooreising. Ek was in ’n leiersposisie van twee verskillende toneelproduksies wat opgevoer was binne ’n Christelike...