‘n STATISTIEK-SYFER
Net een oproep. Net een en jy word ‘n statistiek-syfer. Met bomenslike krag en kalmte hoor en aanvaar jy dit. Niks onsteld want daar is darem nog een salaristjek en ag wat jy sal maar ‘n ander werk gaan soek. Jou huismense is plat geslaan want jy is die broodwinner. Soos enige normale oggend staan jy op om jou dagtaak wat op ‘n stadium jou roeping was te gaan verrig. In jou binneste pomp jou lewensaar onreelmatig want jy weet nie hoe jy die dag en almal gaan hanteer nie. Groot was die verbasing toe almal jou skielik ‘n drukkie wil gee. Jy wil skreeu. Jy wil nie ‘n drukkie hê nie. Jou vel is seer van onbewustelike spanning en bowenal toe hulle jou moes druk is jy gekruisig. Gou genoeg kon daar ook nie van jou ontslae geraak word nie al moes jy self vir die plaasvervanger betaal. Jy betaal net om weg te kom. Weg te kom van geplakte en gepleisterde omgee. En nou, nou word jy bygevoeg tot ‘n statistieke getal. Terwyl jy wag om jou getal te registreer kom die oproepe en sms’e gereeld. “Smile”, “sterkte”, “kyk op” “alles sal regkom”. Die woord sterkte word later vir jou ‘n afskuwelike spelling met ‘n nog meer afskuwelike klank en betekenis. Waar, hoe moet jy sterkte opbou as jy nag na nag wakker lê. Nie dat dit jou probleem gaan oplos nie, ons bly mos maar vlees en bloed. Ag salig is die daaglikse sms’e van bemoediging maar hoe langer jy op die statistieklys is hoe yler en minder word dit. ‘n Onbeskryflike eensaamhied word deel van jou lewe. Jy voel soos ‘n klein skippie op ‘n onmeetlike oseaan. Jou emosies en geloof ry wipplank. Jou verstand wil skreeu – “hou op om te preek, vat net aan my, vou my net toe”. Nou begin die langpad en ontnugterings van werkloosheid eis. Vroeg baie, vroeg wanneer die bevooregtes nog slaap val jy in die ry. In daardie ry maak dit nie saak wie jy is nie. Velkleur en status tel nie meer nie. Julle het immers almal iets in gemeen. Werkloos – statistiek-syfer. Week na week volg jy hierdie ritueel. Word jy later ry-pelle. Bekende gesigte. Jy deel die bekommernis, die wroegings en dreig oproepe want die inbeller het geen begrip vir jou statistiek-syfer. In hierdie ry is almal, almal se pel. Geen pretensies. Dan is die stelsels af. Dan word daar gewag vir vorms. Dan werk die faksmasjien nie. Dan werk die fotostaatmasjien nie en al antwoord wat jy kry is “Kom maar weer”. Maar nouja dis nie hulle probleem nie. Hulle is deel van die nie statistiek-lys. Na drie maande se gesukkel spring jy maar self in en reel die vorms. Uiteindelik jy is op die stelsel. Nou is jy amptelik ‘n statistiek-syfer. Nou kom die groot wag. Na vyf maande weet jy nog niks. Geen oproep, geen navrae, geen niks en jy weet ook niks. Vyfmaande sonder inkomste. Jy voel soos ‘n parasiet. Ander dink jy sit op jou agterstewe en doen niks maar weet nie van elke keer se pleit opwaarts dat jou aansoek suksesvol moet wees. Wat volg, net ‘n haatlike stilte van niks weet. So deur die emosie- en geestelike worstelings word die stiltes van bemoediging al hoe langer en al hoe meer. Nou kom jy agter, van die vriende word nou net kennisse want van selfloos omgee net nog ‘n stilte en kruip jy soos mollie die mol al dieper en dieper terug in ‘n eindlose eensame bodemlose gat. Twee weke laat met jou huishuur, nie maande agterstallig nie en jy kry kennis dat jy uit moet wees binne die volgende twee weke. Waarheen nou skreeu jou bietjie emosie wat jy nog oor het. Outomaties kom jou pynlike arms, bene en verstand in beweging en begin jy pak. Waarheen weet jy nie en met elke geseëlde boks raak hierdie alzheimer gediagnoseerde mens meer en meer verward. Jy as broodwinner meer opstandig en verbitterd. Jy blameer jouself vir hierdie situasie en soos ‘n renmotor voortsnel vlieg die vrae deur jou kop. Wat het ek verkeerd gedoen, waar het ek nie my werk gedoen nie, wat wat wat!!!!! Om drie maande later ‘n verduideliking te kry wat nie sin maak nie. Totaal en al nie. Dan stuur die Vader ‘n engel-vriend. Jou meubels word gestoor – klaar betaal. Jy skep moed, volgende ontnugtering – probleem – jy word ‘n bed net vir ‘n week toegestaan. Jy voel soos iemand in huisarres want jy is te bang jy is in die pad. Menslik moontlik probeer jy alles. Niks werk uit geen antwoord op jou aansoeke. Jou oë lyk soos rooi paddastoele. Daar is net nie wit kolle op soos in dwergieverhale nie maar waterblase van al die trane wat vloei. Jy wil nie meer huil maar dit kom sommer vanself as jy sien hoe die mense van sewende laan mekaar help en wens jou lewe is ook maar net sommer ‘n storie. Nee nie op my TV nie, iemand anders sin. Nouja nou moet ons padgee van hierdie een week bed toestemming. Navrae word gedoen. Waarheen Vader waarheen. Genadiglik ‘n onmeetlike en vol liefde begrip van die eienaars van ‘n seehuisie. Weer my engel-vriend, ‘n gelouterde siel. Behalwe vir een of twee bly die res steeds op die kennislys af van die dobberende skippie. Tien dae see toe- betaal deur die engel-vriend, kos deur ‘n engel-kind. See toe, my passie in die lewe. Beskuldig my van ondankbaarheid maar dis nie vakansie nie, dis vlug. Weg van al die wakende oë en verwyte. Tien dae word twintig dae. Die laaste tien dae word op skuld gedoen want jy het nie. Jy het nie geld nie en nog minder ‘n blyplek. Nog geen taal of tyding van werkloosheid en dit laat jou nie eers toe om te droom van ‘n sinkhuisie nie. Dan lees ek een Sondag met ‘n afgeknypte R10 die Rapport. Hoe kan jy ‘n koerant koop. Heng man ek wil net graag in voeling met die werklikheid bly. Ewenwel ek lees: Inkomste val van ‘n enorme bedrag tot ‘n kwart daarvan en met my hele hart en wese wens ek dit was ek. Net ‘n kwart sou dalk al help. Ek sit op geleende tyd, in ‘n geleende bed, met geleende geld vir kos. Tog is ek ook dankbaar. Departement Arbeid nog tjoepie stil. Soos die branders spoel, spoel my gedagtes. Soms groot en woedend en as dit kalmer word trek ek terug soos laagwater wetende ek is ‘n nul. Soos die klippies rondgemaal word deur oneindige oseaan water maal my siel vir antwoorde en omgee. Op hierdie stadium weet ek niks is ek niks net een van die statistiek van ‘n land. Party sal dit lees en sê simpatiek soeker. Ander sal dit lees die boek toemaak en vergeet. Vir my maak dit nie saak nie. Al wat ek sê: Statistiekmaat, ek ken jou nie, maar ek bid ook vir jou. In die Vader se oë is en bly ons kosbaar ongeag! Hierdie aardse alleen, hierdie worstelings het ‘n doel al verstaan ons dit nie nou nie. Al voel dit vir jou jy val soos sandkorrels deur ‘n sif van vernederings, van afgetakelde mensewaardes en die breek van jou laaste bietjie trots, klou, hou vas aan jou geloof. Bo-aan jou Jakob se droom leer staan ‘n liefdevolle Vader. Hierdie statistiek ervaring maak jou nederig, maak jou dankbaar vir selfs ‘n halwe snytjie brood. Al het almal jou vergeet ons Vader sal nooit. See-tyd is noodgedwonge om en jy wonder of jy eendag weer sal kan terug kom na hierdie hemelskepping onder ander omstandigdhede met minder wroeging en meer ontspanne. Die statistiek-mens moet die volgende dag weer gaan teken dat sy nog is statistieksyfer is en die demensie-mens, ook nog diabetes moet by die kliniek wees. Terug na die een week toestemming, onseker en benoud. Jy het nie ‘n ander plek. Ag wat sal net skoon klere kry en dan maar by shell-ultra city in die motor slaap. Ja, daaraan al ook gedink om maar die motor te verkoop. “walk and see more” het niemand nog skade aan gedoen, net goeie oefening. Die middag voor die teken- en klinieksessie het ek en ‘n vriendin oor die tegnologie aanhoudend gebid vir uitkoms. Die volgende oggend vroeg val ons nou in die pad. Met beangsde gemoed en bewerasie in my ledemate sit ek nou by die statistiekekantoor. My beurt, my gemoed vol en die trane damwal lek lek al hier en daar. “jou ID-boekie?” Met bewende hande, wat ek al soveel keer vir die Vader belowe het sal ek afwerk as ek net ‘n werkie kan kry, oorhandig ek die ID-boekie. In my gemoed wonder ek of die lewensnommer nog ‘n betekenis het. “You lucky fish” hoor ek die beampte sê maar niks registreer by my nie. Ek konsentreer net om my bewende ledemate en ingewande in plek te hou. “Mevrou hoor jy wat ek sê?” “ Hier is geld vir jou” en die damwal breek onbeheersd voor ‘n statistiek-amptenaar. ‘n Onmeetlike genade vul my wese en ek getuig. “Nee meneer ek is nie ‘n lucky fish nie, dit is GEBED. Ek dank en loof die Vader want nou kan ek na ‘n dak vir ons koppe soek. Soek, soek en ek soek. Kry ons ‘n bekostigbare plek moet ek omtrent driekwart van my gestoorde bagasie verkoop. Kry ek ‘n geskikte plek vir my bagasie, wat net nie nodige lewensbestaan insluit is dit onbetaalbaar duur. Dan praat ek nou nie eers van die onding dat jy met die intrek sommer ‘n dubbele paaiement moet betaal nie. Dit kon ek nog nooit verstaan nie. Dit is glo ‘n deposito. Ek weet nie vir wat nie want as ek nou reg verstaan in hierdie geskommelde breinselle van my mag dit nie teruggehou word as jy die dag uittrek nie. Nou hoekom dit dan betaal. Miskien eendag as die breinselle weer in plek is sal ek dit kan verstaan. Die soektog duur voort. Dag na dag. Sommige vol deernis en empatie, ander voel net niks. Rand en sent is waaroor dit gaan. Nou weer padgee by die een week plek. Waarheen, weet nie. Pak net die nodige en vat die pad. Onbekende dorp, onbekende mense. Nou wat nou! Jou geskommelde brein probeer bid maar jy weet ook nie meer hoe om te bid nie. Jy weet nie meer wat om te bid nie. Jy doen alles soos ‘n outomaat want jy het ‘n verantwoordelikheid teenoor hierdie demensie-diabetes lewensmaat. Met elke ontwrigting groei die demensie soos alge op ‘n plaasdam en die diabetes vlakke wissel soos ‘n rugbytelling. Met ‘n mate van helderheid onthou jy daar is iets soos ‘n toeristesentrum in elke dorp. Jy ruk jou skouers orent en stap in of jy hierdie toeris is wat nie ‘n saak het met rand en sent nie. Jou oë volg die lys outomaties na die goedkoopste verblyf want hierdie eerste statistiek-geld gaan ook nie vir ewig hou nie. Dit is eintlik bedoel vir ‘n dak oor jou kop maar wat moet jy doen as daar nie is nie. Ja daar is baie maar in die prysklas wat ‘n statistiek-mens nie kan bekostig nie en in elke besluit wat ek moet neem moet ek die demensie-mens se belange eerste stel. Hoekom? Sal sommige vra. Die antwoord – as so ‘n mens rustig en tevrede is, maak dit die lewe van die versorger so klein bietjie makliker. Behou jy krag en perspektief. Lekker ons kry so ou wêreldse romantiek plekkie op ‘n plaas. Die wonderlikste mense met baie liefde en begrip. Wat drie dae moes wees word weer twee weke. Daar gaan die dak oor ons kop se geld. Demensie-mens se suiker uit beheer, lekker deurmekaar en betrek die bed, vrek siek aan brongitis. Jy bid en bid maar dit voel of alles op die granietvloer val. Al soekende en biddende vir ‘n blyplek gryp ek een middag die telefoonboek. Ek het ‘n huis, ek het ‘n huis gekry en jy getuig op “faceboek”. O vrek! Hoe kry ek my gestoorde bagasie daar? Dan stuur die Vader uitkoms deur ‘n swaer en jy begin in jou gedagtes die meubels pak in jou nuwe huisie. Jy tel die slapies soos ‘n kleuter na ‘n verjaarsdag of kersfees en met jou hele wese hoop en bid jy dis die regte plek. Jy begeer net om hierdie demensie-mens gestabiliseer te kry. Die dag het aangebreek, jy betrek jou nuwe blyplek. Na drie maande se rondswerf kan jy skaars onthou wat behels jou bagasie alles. Die middag laat, elke stukkie meubel darem min of meer ‘n staanplek, vir die eerste keer weer jou eie bed kom die agent om die huurkontrak te teken. Skok! Nog ‘n skok! Jou huurgeld is deur twee hande, sal maar nie die kleur bespreek, genasionaliseer. Uit jou beursie, uit jou handsak, uit die ingeboude kas, onder jou baadjie. Wanneer, wanneer hou dit op, hoekom hoeveel keer nog wil jy hemelwaarts skree. So met die intrek moet ek dan sommer weer kennis ook kry. Na ‘n paar verwyte kry ek begrip van die agent. Kry twee dae kans om die balans te betaal. Alles in plek want dan kry is daar weer statistiek-geld. Genoeg meer as genoeg. Vroeg die oggend val ons in die pad, net ‘n handtekening en my probleem is opgelos. Nie ‘n halfuur weg van ons nuwe huisie – en elke rooilig wat ‘n motor besit gaan aan. In hierdie diep donker sit ons, onreddend vreemd. As ek bel vir hulp word ons verwyt. Kanselleer die uitroep om hulp en begin bid. Ons skakel weer die motor aan en draai terug na die naaste dorp om darem net onder ‘n lig te sit en weet niks verder. R10 is al wat ek in my beursie het. In die tru-spieël gewaar ek lewe op die ryvlak van die petrolstasie. Bewerig met trane wat maar vlak lê stap ek na die bruinman en vra hulp. Soveel begrip en deernis het ek lanklaas in my lewe ervaar. Hy bekyk alles wat ‘n rooilig kon aktiveer en kry geen fout. “Meneer” seg ek, “ek het nou net R10, sal jy asseblief dan maar petrol ingooi daarvoor dat ons net ons bestemming kan haal”. Met dieselfde deernis en begrip bekyk hy my weer. “Mevrou, kom jy weer hierlangs terug?” “Ja” antwoord ek bewerig. “Mevrou ek gaan jou vertrou en R50 se petrol vir jou ingooi” nodeloos om te sê en ek gooi die sluise oop van dankbaarheid, en vir die eerste keer in my lewe verstaan ek die gelykenis van die barmhartige samaritaan. Nou weer vir die tekenslag by die statistiek-kantoor. Ek is opgewonde want vandag eindig negentig persent van my probleme en kan die lewe van net bestaan vir ‘n slag op koers geplaas word. Kan daar vir die eerste keer in baie maande se aande geslaap word sonder om soos die branders skuimend rond te rol, om te draai en weer te rol. Uiteindelik! My beurt is my beurt. Oorgretig en sonder bewerasie oorhandig ek hierdie amper mens weer se ID-boek. Die beampte tik en daar gaan die inligting. In opgewonde spanning spits ek my ore vir die bedrag. Skok! Volgende een! Fout! Ek kry net ‘n kwart van die berekende bedrag. Hoekom! Wil ek uit skreeu. Nie ‘n saak met al die ander statistiek-nommers wat daar sit nie. “Jammer mevrou, dit sal volgende maand reggestel word” en soos maar altyd stap ek bewend ontreddend uit die kantoor. Wat nou! Pleitende gebede gaan opwaarts. Lofprysings vlieg deur my benewelde brein. Beloftes wat ons Vader verseker reken as omkoop ryg uit by my mond. Stiltes volg. Stiltes stiltes stiltes, nie eers my stukkie komunikasie tegnologie maak ‘n geluid. Die enigste voertuig het intussen heeltemal kennis gegee. Skel en verwyte deur iemand wat ek gedink het gee om. ‘n Totale vulkaniese uitbarsting vind plaas in my hele sisteem gevolg deur lawa trane wat teen verrimpelde gesigskontoere afloop. Die min kere wat my stukkie tegnologie wel ‘n geluid maak word ek uitgevreet en ek druk die nie komunikasie knoppie om kontak te verbreek. Ek is op. Ek het genoeg gehad. Ek gee op. Ek gee oor. Ek het dit nie. Tog in hierdie donker donker nagte het die Vader samaritane gestuur wat selfloos omgee en loof en dank jy Hom vir elke een met onbeskryflike dankbaarheid in jou hart. Môre is “D” day”. Ek het dit nie. Ek weet nie. Willie Joubert sing “as ek in die aand na die sterre kyk, en ek sien die maan wat helder skyn, weet ek as die oggend breek is dit weer ‘n nuwe wonderwerk. Ferdinand Deist sê hou vas aan miskien. Ek sal probeer vashou aan ‘n oggendbreek en ‘n miskien. In die vroeë oggend ure skuins na middernag gee ek oor. Job se oorgee en ek bid. Vader ek kan nie meer bid nie, ek weet nie wat om te bid nie. Soos Job gesê het: Vader nou sal ek stil bly, ons nietige mense kan nie met U redeneer nie en ek vra die Heilige Gees om vir my te pleit en ek sal luister, wat ook al gebeur. “D”day” het gekom en gegaan nie sonder vrees en angs nie want jy bly net mens. Vier dae later, Juanita du Plessis sing mos “if YOU are four days late, YOU are still in time”. Die miskien het gebeur, die oggendbreek was ‘n wonderwerk. HY was soos altyd betyds in SY volmaakte hemelse tyd en ek moes uitroep “Vader vergewe my!” Aan elkeen wat omgee pelle gebly het, nuwes wat jy nie verwag het nie het bygekom, selfloos omgee mensies, op jou pad geplaas deur die Vader, loof ek HOM, dank ek HOM en bring al die eer aan HOM. Vader sal U asseblief vir my die wysheid, krag en genade gee om die verpletterde mens wat U oor my pad stuur nooit uit te werp nie. Al vra dit van my selfloos omgee. Amen. Dankie aan een en elkeen. Ek dank die Vader vir julle. Emosioneel, geestelik is ons deur die genade besig om te genees en te groei.







Kommentaar - 2 opmerkings
shade
'n goeie berigNicolette
Dis pragtig ek wil sommer in trane uitbars...Lao Tzu het gesê:"When you`re down to nothing God is up to something, the faithfull see the invisible, believe the incredible and receive the impossible !!! Hou aan met jou geloof!!! Mwaaaaah ☺☺☺☺☺☺☺☺☺