Hoekom, hoekom??

deur Heila Deel met ander Kommentaar (2)
 
0/5.0

My hart is vandag bitter seer! My geliefde vriendin en vriend word dood aangetref in hul huis in n 'sorgvrye, stil dorpie' - dit ruk die gemeenskap, haar kinders en almal wat hulle geken het. Elsie en Niek was die twee mees vrygewigste mense wat ek geken het! Hulle was kinders van God en gerespekteerd deur almal wat ooit met hul paaie gekruis het. Hulle stem is stil en die gemis vreeslk groot. Hoekom so n sinnelose daad? Nie net is hul lewens ontydig beeindig nie maar is daar groot hartseer, leemte en gemis van ons almal wat hulle liefgehad en geken het. Bid asb vir die kinders, kleinkinders, familie en vriende..... Heila

Kommentaar - 2 opmerkings

Ckinkerinchee

Ek het vir Elsie geken,want ek bly ook in hierdie hierdie "stil en sorgvrye dorp".Op die oomblik ly ons almal aan erge skok en vind dit baie moeilik om die verskriklike gebeurtenis te verwerk.Die meeste inwoners is afgetredenes wat juis hier kom aftree het omdat ons 'n spesifieke lewenstyl in gedagte gehad het wat ons ook,soos hulle, vir ons kinders en kleinkinders gedurende vakansietye wou bied. Ons sorgvryheid en wat eintlik voorheen 'n idilliese leefwyse was,is heeltemal verwoes. Ek en Elsie het juis 'n dag of twee voor die verskrikking oor ons verlange na ons klenkinders gepraat. Ek bid vir hulle familie en vriende. Ek bid ook vir ons dorp.
Uitgesit op Woe., Feb. 10de 2010, 17:47

henisharley

@ heila, ek kan jou hartseer verstaan en tog is dit nie vir ons om te besluit of hul lewens so ontydig beeindig is nie... alles is in die Here se Hand, ook al lyk so n daad vir ons so sinneloos...
Uitgesit op Woe., Mar. 3de 2010, 10:19
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na