Hoe groot is God

deur Chrizelle Deel met ander Kommentaar (3)
 
0/5.0

Ek is getroud in 2001 met ’n wonderlike man. Ek was 29 jaar oud en het gedink ek gaan reguit hemel toe eendag. Kyk man daar was nou geen twyfel nie. Ek kom uit ’n Christelike huis en is reg groot gemaak. En toe begin God met my te praat, maar ek hoor nie. Dokters het my vertel my na my troue ek gaan baie moeilik of glad nie kinders he nie. En ek glo hulle. Paasnaweek, 4 maande later is ek swanger. ’n Buis swangerskap. Kyk, die kraampyne was erg, maar niks het gekom by daai pyn nie. Skaars swanger en hier lyk dit of ek die baba gaan verloor. Maar deur die genade van God, behou ek die baba en hy word gebore op die 8ste Desember 2002. My vreugde is groot. 10 dae later sterf my skoonpa. Met my 6 weke ondersoek kom hulle agter ek het serviks kanker. Gelukkig baie vroeg gekry. So ’n vinnige operasie en als is verby. God klop, maar Chrizelle hoor nie. 6 Maande later kry my baba Enkifalitis – brein ontsteking. Hy het ook ’n oorabses wat bars en hulle moet daarop ook opereer. Die dokters se vir my dis nou in God se hande. En ek bid. Soos nog nooit in my lewe nie. Ek dink nie ek het geslaap vir ’n week nie. Hulle het my tot met Valium kom inspuit, maar moederinstikt is sterker. Ek maak een aand ‘n “deal” met God. As Hy my kind laat lewe. Laat leer ek hom vir ’n predikant. My nood is groot en steeds besef ek nie, God roep my. Jandre lewe en die lewe gaan voort. Sy boetie word ook gebore intussen. Die is gebore met asma en allergie. My Jandre kind praat nie en hy speel nie eintlik met ander kinders nie, en dit bekommer my. So gaan ons Rooikruis toe. Hy het PDD – Nos. ’n Fansy label wat beteken Jandre het outistiese eienskappe. Of hy gaan praat kan niemand my se nie. En ek huil!!! Dit voel of my lewe inmekaar val. Jesus roep, maar ek hoor nie, want my pyn is te groot. Ek hardloop van die een website na die ander en probeer verstaan wat met my kind “fout” is. Vrouedag, hierdie jaar gaan luister ek na Retha McPherson. Toe sy die foto van haar seun op die skerm gooi, begin ek te huil. Dis so goed jy wys my ’n foto van Jandre in ICU. En ek weet hier gaan iets gebeur vandag! Dis onkeerbaar. Dis asof iemand die seer vat en dit uit my lyf uit trek. En iets onbeskryfbaar vul sy plek. Die Heilige Gees! En ek weet God Leef – binne my en in Hom. En ek begin lewe spreek oor my mooi kind! Hy raak in Desember 4 jaar oud. Hy het nou die dag vir die eerste keer “kossies” gese en met ’n maaitjie gespeel. Hy het homself van die doek afgehaal 2 weke terug! Hy het sy kop geskud toe ek die pull-up wou aantrek en net gese nee en vir hom ’n onderbroekie gaan haal uit die kas uit. Ek het my lewe vir God gegee. Ek het myself en my man en kinders ge-offer vir God. Ek kan nie vir jou beskryf, wat ek alles terug gekry het nie. God het ons nie een maal in die steek gelaat nie. My Jandre kind vorder nou so, en geen dokter kan dit verklaar nie. Maark ek kan, my God het my belowe dat hy Jandre sal herstel sodat hy sy God gegewe taak kan verrig. Wat dit ook al moet wees. My jongste is duisend keer beter, want sien hierdie mamma spreek lewe elke oggend oor hulle. My man het sy Saligmaker ontmoet en ons huwelik kan nie beter nie. Ek het oneindige geduld met die kinders, en “trust me” hulle is twee woelige seuntjies. Nou weet ek dat ek net my kinders moet liefhê, en ophou gil as die een koeldrank op die mat uitgooi, want sien my God is ’n God van liefde en waar is my liefde as ek op die kinders gil en skree. Nou staan ek soggens op en sê: dankie God vir die pragtige skildery daar buite. Ek eer Hom in my werk en ek se vir Hom dankie dat Hy aanhou klop het. Daarom wil ek vanmôre vir almal sê: Kyk op en fokus op God en jy sal enige iets kan vermag, want jy het ’n bonatuurlike God, wat jou soveel kan bied, maar dan moet jy eers sterf in jouself en Hom binne nooi om letterlik in jou te kom woon, en jy die vreugde belewe wat Hy oral in die bybel belowe. En weet waaragtig! Jesus Leef!

Kommentaar - 3 opmerkings

EDB

Hallo Chrizelle. Jou verhaal het my trane in die oë gegee en net weer van voor af laat besef ons moet net God vertrou - Hy is in beheer. Baie baie dankie vir getuienis. Het jy dalk 'n e-pos adres waar ek jou kan kontak.
Uitgesit op Woe., Feb. 3de 2010, 12:09

Santi Strydom

Chrizelle, jy is 'n inspirasie. Dankie vir jou getuienis. Santi
Uitgesit op Do., Feb. 4de 2010, 17:18

Cathy

Liewe Chrizelle! Het jy al ooit gedink wat jou naam beteken? Pragtig, so ook jou storie. Ek voel om met jou te deel omtrent die boek wat ek tans lees van Rick Warren, Die doelgerigte lewe, waarin hy skryf, jy is geen ongeluk nie, jou geboorte was geen fout of vergissing nie, jy leef omdat God jou wou skep en die Here sal alles vir jou goed laat afloop,Jesaja 44:2 So se die Here wat jou gemaak het, Hy wat jou gevorm het in die moederskoot.... Daar staan ook in hierdie boek: Lank voordat jou ouers jou ontvang het, is jy in God se gedagtes ontvang.God het aan jou gedink selfs voordat Hy die wereld geskep het. Dis trouens waarom Hy die wereld geskep het. God het jou uniek geskep. Ek vertrou die woorde bring vir jou vertroosting en die nodige moed vorentoe. Geniet jou kind van Jesus + jou Christenwees, Chrizelle
Uitgesit op Di., Apr. 20ste 2010, 07:33
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na