Drie pasteitjies en 'n bietjie liefde

deur Sanet Deel met ander Kommentaar (1)
 
0/5.0

So kom dit toe mos dat die kinders ‘n dag in die week af is, want dis atletiek. En siende dat die onderwysers daarby betrokke is, hoef die kinders nie skool toe te gaan nie.Hulle het sommer die vorige dag al planne beraam om hul ma en maats besig te hou.* Min het ek geweet dat Boeta my die volgende oggend al vyf uur sou wakker maak met die woorde:” Mamma, ek wil nou my huiswerk doen want dan gaan ek baie slim wees!” Boeta is nou Graad 2.* Ek was so trots op sy werksywer en dit nogal vir ‘n seun dat ek hom later die oggend plegtig belowe om vir hom iets lekker saam te bring. So stap ek toe nou in Woolies rond. Eerste keer in baie weke dat ek daar rondloop, want sien, ek moet elke sent omdraai. Hierdie “ressie” gaan nie vir ons onderkry nie en ons sal elke sent maak werk.* Wat ek nie besef het nie is dat die mooiste klere en oulikste serpe voor my oe gaan dans. Daar is pragtige pakkies vir my jongste en oudste dogter en ook vir Boeta. Maar ‘n hemp gaan nie iets lekker wees in Boeta se oe nie en my bankbalans gaan dit definitief nie toelaat nie.* “Maar die Here is my Bron”, kom die stemmetjie in my kop. “Maar ons moet ook nie die Bron op die proef stel nie”, maak ek die stemmetjie stil. “Februarie is nog lank en die rande en sente moet gereeeeeeeeek word.” Skielik word my stryende gedagtes tot stilstand geruk toe my selfoon lui. “Mamma, my maatjie het ook kom kuier!”, se my oudste opgewonde.* “Mooi man, nou is dit vier ietsies wat ek moet koop”, dink ek en stap na die voedselafdeling. Ek kom tot voor die pasteitjies tot stilstand. Dit is Boeta se gunsteling. Ek maak vinnig sommetjies hoeveel dit gaan kos en hoeveel in my bank oor is. “Die Here is my Bron”, kom die stemmetjie weer in my kop.* En ek weet, God sorg vir ons elke dag. Hy gee genoeg manna en brood en ons gesin het nog nooit honger gaan slaap nie. “Maar wat van genoeg brandstof tot die einde van die maand?” praat die stemmetjie weer. “Ai man, dis net pasteitjies en Boeta verdien dit”, se ek summier, “die brandstof sal ons later uitsorteer”. * Boeta het sy pasteitjie gekry en het dit so geniet. Hy se toe nog vir my hy wil nie laaste stukkie eet nie, want dan is dit klaar. Ek het skoon ‘n knop in my keel gekry. * Net daardie middag skakel ‘n vriend van ons: “Kan ek asseblief jou bankbesonderhede kry?” En ek weet: “Here, U is my Bron”. My hart juig en sing en ek wil dans voor Hom. “Dankie Here, U het ‘n onuitputbare bron, U voorsien, U maak heel”. En ek bid dat ek in goeie en in minder goeie tye altyd ‘n dankbare hart voor Hom sal he.

Kommentaar - 1 opmerking sover

Chantelle

Sjoe, dis 'n pragtig!! Ek sit hier met trane in my oe, om te weet ons dien 'n Groot en Almagtig God, en Sy tyd is die regtig tyd. Dankie dat jy met die stuk weer eens vir my gewys dat ons moet aan die Here vas hou in die moelike tye!! Jesus Groete
Uitgesit op Do., Feb. 18ste 2010, 08:05
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na