Die Offerlam
Heer, U het onder luide gejuig In die stad ingestap. Palmtakke ter voorbereiding Van die komende smart. (Wie sou weet?).................. Traandruppels wat sypel oor U wang; terwyl U vriendelik die mense ontvang.............. U voetstappe stadig, Die sekondes tik voort Vir die saligheid wat U Ons elkeen beloof............... Verraai met ‘n kus Hamerslae, ‘n Haan wat kraai. ‘n Bloedbevlekte kleed ‘n Laaste uitroep Skielike donkerte................ Stilte..................... Vrede..................... Vergifnis.................







Kommentaar - Geen kommentaar sover