Die goue kokon (Altzeimers)
Ons mamma, ’n regte ma! By haar kon ons enige tyd kla So vol kennis, so vol wysheid Iets wat toeneem in grysheid Om haar hele wese op te som: Warm, gasvry, jy’s altyd welkom! Warm brood, boerekos... Vergeet van dieët, jy kan maar los! Pappa se fyn spot: Haar vrygewigheid maak my bankrot! ’n Ruim, liefdevolle hart Wat het ons toe geweet van smart? Onsigbare goue draadtjies word gespin Van ’n kokonnetjie wys nog min Haar vrae word herhaal Vir haar ouderdom seker normaal? Dinge verander, ons verstaan nie nou! Teenstrydig begin sy aan haar goed te klou Pappa maak al hoe meer die tee Haar hande vou toe vir gee ‘Haar kinders steel haar goed!” Oortuigend! ... Dit breek ons moed Dit maak baie seer Magteloos... ons kan dit nie keer Stadig maar seker Begin ons drink uit die bitter beker Goue draadjies van kokonnetjie word sigbaar Magteloos, hartseer, so ongenaakbaar. Ons wil dit keer! Die goue draadjies word net meer! Sy word toegespin Van haar weet ons nou min Februarie, twee duisend en vyf Spin die laaste goue draadjie styf Ons sien net die goue kolon En glo Jesus is steeds haar son Binne die kokon vorm ’n vlinder Goue kleure, niks kan dit verhinder Een van die dae sal sy haar goue vlerkte strek Al glinsterend, vrolik, die hemel in vertrek!!







Kommentaar - Geen kommentaar sover