Deur die oe van 'n kind

deur Vanessa Deel met ander Kommentaar
 
0/5.0

Ons moet weer leer om so sorgloos en vreedsaam soos ‘n kind te wees. Waar is die avontuurlus wat maak dat jou leefkamer soos ‘n onontdekte skatkis kan lyk ? Ek hou vanmiddag my klein seuntjie van amper elf maande dop. Alles wat hy sien is vir hom interessant, en as dit beweeg of ‘n liggie het kan hy ure daaraan vat en dit rond beweeg. Die klein brons handvatseltjie aan die laaitjie van die televisie kas. Het jy al ooit gesien hoe daardie krulle op die yster in mekaar gedraai is? Het jy al geluister watter geluid dit maak as jy dit hard en soms saggies laat terugval teen die laai. Daardie twee vingertjies kan van enige onbenullig artikel in my huis ‘n wonderlike speelding maak. Die vreeslose gevoel dat alles waaraan hy kan dink moontlik is. Die afgelope twee weke het hy erg sy opsies begin oorweeg om eerder die wêreld op twee bene te benader. Die wonderlike is dat alhoewel hy nog nie die balans of krag in sy bene het nie, het hy verseker die moed het. Maar dit is ook in daardie oomblik van selfversekerheid dat hy telkens op sy neus opeindig. Vanmiddag weer het sy kop hard kennis gemaak met die bedkassie se rand. Daar was trane baie van hulle, daar was ‘n knop toe ys toe nog trane. Later was ek onseker of die trane van die hou of die koue was. Maar ‘n paar uur later sou hy weer vergeet het van die val en vreesloos die rand van die stoel los om weer op sy boude tot stilstand te kom. En tog verander mens nooit, en bly hierdie innerlike selfversekerheid by mens lank nadat jy leer loop het. Die wêreld laat mens baie op jou neus val, en soms is daar blou kolle en soms kan die bloed selfs vloei. In my eie lewe het ek die laaste tyd weer met die grond kennis gemaak. Maar inplaas daarvan dat ek die moed gaan verloor om op te staan wil ek die kans gebruik om vir ‘n oomblik op die grond stil te sit. Dit gee mens ‘n ander perspektief van wat om jou aangaan van die mense rondom jou. Dit laat mens wonder oor wie jy is en wie jy wil wees. Wat jy wil bereik, en waar jy tans is. Waarvan hou ek of het ek geleer om byvoorbeeld my eier te eet soos die kok dit maak want dit vat minder moeite om te verduidelik dat die geel sag moet wees terwyl die wit asseblief stok styf moet staan. Nou eet jy eerder roer eiers want ten minste flop dit die minste. Dit is dalk ‘n onvanpaste voorbeeld maar daar lê soveel waarheid daarin. Ja die wêreld vra dat jy moet toegee, dat jy ook moet aanpas en kan verander. Daar is niks daarmee verkeerd nie, en soms selfs nodig. Maar deur dit te doen, moet mens nie die ware jy verloor nie, want dit was immers wat jou jou gemaak het. Ons moet met meer aandag deur die dag gaan. Ons gedagte wêreld word so vasgevang in die beplanning van more, dat ons soms vandag mis. Mens beplan so hard aan die winter dat mens die prag van die veelkleurige herfsblare mis eers die droë bruin blare sien wanneer dit droog deur die wind op die sypaadjies lê. Wees weer daardie klien seuntjie wat soveel potensiaal het, wat kans sien vir more, en weer sal val en opstaan en weer val en weer opstaan tot hy die dag leer loop. Sien die klein dinge in die lewe en maak elke dag wonderlike ondekking. En laat toe dat ander jou troos laat toe dat daar ys op jou knoppe en blou kolle gesit word. En selfs as die koue brand huil en weet jy is besig om gesond te word. En as jy opstaan na ‘n val weet ook dat daar in die meeste gevalle niks aan jou omstandighede verander het nie. Dit wat veroorsaak het dat jy op jou neus beland het is telkens nog daar. Dit gaan wees oor hoe jy dit benader die kennis wat jy opgebou het en jou uitkyk op môre wat die verskil gaan maak.

Kommentaar - Geen kommentaar sover

Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na