Berg Moria en ek
Ek sit sommer net so langbeen hier sit en wil vir jou vertel wat in my hart roer. Ons is Kapenaars wat verlede jaar Indonesië toe gekom, omdat die Here ‘n vuur in ons harte geplaas het vir hierdie mooie land en sy mense. Ons is maar net 2 gewone mensies wat hier is, omdat dit is waar ons passie is. Die reis was geensins maklik, maar ons het al soveel van die Here geleer, nuwe fasette van Hom leer ken en dis ‘n nimmereindigende suiwerings- en groei proses waarvoor ons Hom loof. Ons maak maar almal ons planne, maar die Here wil alles in ons lewe wees en wanneer ons desperaat is vir Hom, kan Hy werk. Ek het verlede jaar die voorreg gehad om my een van my passies uit te leef. Ek het as vrywillige by ‘n gemeenskaps radiostasie in Bali gewerk wat van ‘n Bybelse perspektief uitsaai. Dit was wonderlik! Ek het gedoen wat my laat lewe! Ek het teks geskryf oor al die groot uitdagings: prostitusie, dwelms, egskeidings, selfmoord, korrupsie, wat is vrou-wees ens. Dit was lekker! Ek het vir die wonderlikste baas ooit gewerk, in ‘n taal wat ek nie kan praat nie en ek en manlief het ook ‘n tweetalige reis program aangebied. Manlief se werkgewer is toe ‘n ‘n finansiële penarie en ons moet Jakarta toe verhuis om te kom werk soek. Hier land ek toe by ‘n christelike voorskool vir die bo-gemiddelde inkomste groep. Skielik is ek ‘n Engelse juffrou en ek gee ook karakterontwikkeling. My kennis van kinderbediening is beperk en so ook Engels gee. Die uitdaging was dat die 2-jariges skaars praat, die 3-4 jariges omtrent net Indonesies praat, die 1 seuntjie,Yoel, het slegs 10% gehoor en ek wou nie hier wees nie. Ek het terug verlang na die media wêreld, maar die Here het ‘n veel groter plan gehad. ‘n Chinese vriendin gee my toe die dun boekie “Climbing Mt. Moria” om te lees en daar besef ek die media is my “Isak” en hy moet geoffer word. Dit was ‘n proses en gedurende hierdie reis is ons terug Bali toe vir my vriendin se troue. Dit was alles gedoen deur die wonderlike media department en ons het by my vorige baas en sy gesin tuis gegaan. Nog nooit het ons in ‘n huis gebly waar ons in ‘n kokon van die Here se teenwoordigheid, liefde en genade was nie... onbeskryflik. Met ons terugvlug het ek besluit om my rug op die media te keer en voluit te leef vir my leerlinge. Skielik het ek dit begin geniet, deurbrake in die lewens van die kleintjies begin sien en selfs Yoel en ek het saam begin vordering maak! Daar het ‘n vreugde en lekkerte in my ontspring en ek sien uit na die kleintjies! Ek is lief vir hulle. Nooit, in my dag des lewens sou ek my kon indink dat ek ‘n voorskoolse juffrou sou wees nie. Alhoewel meeste van die kinders uit Christen huise kom, het ons ook Moslems, Hindoes en Buddiste in ons skool. Die groot uitdaging, vir ons personeel, is die effek van die afwesige pappa. Die ouers werk baie hard, probeer alles regmaak met geld en die kleintjies is basies oorgelaat aan die genade van die kinderoppassers wat self ‘n baie beperkte opvoeding ontvang het. Die effek van afwesige Pa’s is iets wat my na aan die hart lê. Ek het baie geleer by Ps. Errol Naidoo rondom hierdie onderwerp en ons het ook self die vrugte geproe agv die jare wat manlief oorsee gewerk het. Joyce Meyer sê: “Laat die Here to om jou gemors jou boodskap te maak.” Dis heerlik om koppe bymekaar te sit met die skoolhoof en klein goedjies in werking te stel en dan te sien hoe die Here stukkie vir stukkie stukkende kindertjies heelmaak, wetend dat Hy by die gesin om ‘n volk heel te maak. Bo en behalwe hierdie pos is ek ook Sondagskool onderwyseres vir die 8-12 jariges. Van die 10 kinders in my klas is 2 Engelsmagtig, maar ai, dis lekker. Skielik skep ek daaglikse Bybelstudies en aktiwiteite uit niks en dan skryf ek ook nog so dan en wan vir ons kerk se digitale tydskrif. Ek leer daagliks om wat ek doen as ‘n lofoffer aan die Here te bring en Hy komponeer vir my ‘n nuwe lied om op te dans! Wat ‘n fees!! Dankie Here!







Kommentaar - Geen kommentaar sover