Kan julle asb vir my bid. Ek is in 'n werk waar dit elke dag vir my voel of ek in 'n aardse hel is. Ek haat dit om in die oggend op te staan en werk toe te kom. Dit is besig om my hele lewe omver te werp. Bid asb dat die Here my sal lei, want ek moet 'n hele nuwe beroeps keuse maak en weet nie waar om te begin nie.