Vriendin van 'n Vriendin

Chirsca
Feb. 24de, 10:30

Ek het 'n goeie vriendin met 'n baie goeie en sagte hart wat altyd almal vergewe en die beste in almal sien, soos ons almal moet wees! Probleem is sy het 'n ander vriendin wat nie so mooi hart het nie en wat nie maklik vergewe nie. Die ander vriendin word elke nou en dan sommer net kwaad vir my vriendin en is regtig lelik met haar en my vriendin vergewe haar altyd. Nou is daar weer so situasie en my vriendin het al paar keer uitgereik na haar, onder andere vandag weer en al wat sy gekry het is weerens 'n klap in die gesig en 'n verduideliking van hoe sleg sy is. Bid asseblief vir albei. My vriendin om sterk te bly en die ander een se hart om te versag. Ek weet nie of sy 'n Christen is nie, maar ek bid en vra dat julle bid dat God in haar hart sal werk en dat sy sal leer om mense te vergewe en ordentlik met mense te werk want sy is besig om almal om haar weg te jaag en gaan aleen oorbly.

2 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Johan

Feb. 26de, 04:27
Daar kom 'n tyd wat jy die stof van jou voete moet afvee en 'n hoofstuk afsluit. Soveel mense word deur vriende seergemaak – vriende weet om mekaar te vergewe en weer by te staan. Vriende wat afbreek is nie werklik vriende nie, maar energie parasiete. In die Griekse konteks van liefde is daar verskillende woorde, die mees algemeenste vir vriendskap is “Philia”, maar ‘n mens kan ook “Agápe” en “Storge” daarby voeg. Agápe – diep gevoelens van dankbaarheid Eros – Romantiese liefde Philia – lojale vriendskap Storge – goedgesindheid en toegeneentheid veral soos ouers teenoor hulle kinders. Jesus leer ons om die ander wang te draai, maar Jesus leer ons ook om die addergeslag uit te ken. As vriendskap nie Agápe, Storge en Philia insluit nie is dit vernietigend. As Vriendin nie verander nie seën haar en maak die boek toe – want satan doen hom voor as die engel van die lig, maar is in werklikheid die vader van die addergeslag. Bid vir jou vriendin en stuur haar weg in vrede.

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na