Voorbidding

rosa
Feb. 10de, 10:55

Ek wil vra vir voorbidding vir my Ma wat in die hospitaal is, sy het 'n gewas aan haar regterkant, die dokters sê dit is baie moeilik om uit te haal aangesien dit 'n heeldag operasie sal wees en omdat die gewas aan te veel bloedvate vas is en hul weet nie of haar hart sterk genoeg is vir dit nie. Dan ook was my seun gisteraand in 'n motorfiets ongeluk bid dat hy nie inwendig seer gekry het nie. Here wil U my ma aanraak dat die gewas sal weg gaan dat sy minder pyn sal hê, wil U ook vir Willem aanraak dat hy nie te ernstig is nie, Here U weet waardeer ons as familie op die oomblik gaan wil U nie asseblief vir ons uitkoms gee nie. Here ek bid vir die ander in die gebedskamer ook vir Johan se ma wat geopereer word vandag dat dit suksesvol sal wees U weet wat al ons behoeftes is nog voor ons gevra het. Amen.

0 gebede    Jy moet as gebruiker geregistreer wees om te bid

Kommentaar

Amanda

Feb. 10de, 12:11
Liewe Rosa, ons buig saam met julle die hoofde en bid dat Ons Hemelse Vader ons smeekgebede sal verhoor. Baie sterkte vir julle.

ccato

Feb. 10de, 18:50
Rosa, ek bid vir jou moeder en jou seun asook vir julle as gesin.. ja, vir elkeen in die gebedskamer bid ek vandag... groete HEila

Monsanto

 
Ek is 'n:
Soek na:
Ouderdomskaal: na